Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Groenwaterstof én olie, gas 'het groot potensiaal'
    Energiekenner Harald Schütt sê die vraag na afgeleide produkte van groenwaterstof groei stadiger as wat verwag is, maar is steeds bestendig, en hy sien groot potensiaal vir Namibië. Dit volg nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah, aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se 81ste Algemene Vergadering in New York, steun uitgespreek het vir 'n gediversifiseerde benadering tot energie om die land se industrialisasie en ekonomiese groei te ondersteun. Schütt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat politieke steun vir groen industrialisasie van deurslaggewende belang sal wees.
    1 min
  • Gebrek aan digitale vaardigheid nou 'n faktor in digitale kloof
    Namibië se digitale kloof is aan die verander, aangesien toegang tot die internet nie meer die enigste uitdaging is nie. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê die fokus moet nou verskuif na digitale vaardighed. Cran se uitvoerende hoof vir Ingenieurs- en Tegniese Dienste, Pascal Haingura, sê hoewel daar vordering gemaak is, beskik baie mense en organisasies steeds nie oor die nodige vaardighede, toestelle en hulpbronne om ten volle by digitale tegnologie baat te vind nie.
    1 min
  • Versekeringsbedryf moet klimaat-, ekonomiese skokke kan weerstaan
    Finansminister Ericah Shafudah doen 'n beroep op die versekeringsbedryf om sy weerstandbiedendheid teen herhalende klimaats- en ekonomiese skokke te versterk. Sy het ook die staatsbeheerde herversekeringsmaatskappy, NamibRe, aangemoedig om voort te gaan om in aktuarisse, onderskrywers en risikospesialiste te belê, terwyl die land voorbereidings tref vir opkomende bedrywe, insluitend olie en gas. Shafudah het vanoggend in Swakopmund tydens NamibRe se beraad vir uitvoerende hoofde ter viering van die maatskappy se 25-jarige bestaan gepraat.
    1 min
  • Gayton se Wêreldbeker-reis verslag steeds uitstaande
    Die DA sê maande ná minister Gayton McKenzie se Wêreldbeker-reis kan die Departement van Sport, Kuns en Kultuur steeds nie 'n finale verslag oor die bykans 31-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat bestee is voorlê nie. McKenzie word gekritiseer omdat hy nog nie 'n volledige uiteensetting van die uitgawes verskaf het nie, of verduidelik waarom 'n afvaardiging van 151 mense na die internasionale skouspel in Amerika gestuur is nie. Die DA-lid, Leah Potgieter, sê die party het die Openbare Beskermer in Julie versoek om bewerings, insluitend wanadministrasie, te ondersoek:
    1 min
  • Drie word ondervra oor Ekurhuleni-moorde
    Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie. Die owerhede waarsku teen bespiegeling en ongestaafde bewerings wat op sosiale media die ronde doen. Cachalia sê die voorlopige ondersoek het nie stawende bewyse opgelewer dat daar 'n reeksmoordenaar in Ekurhuleni aktief is nie:
    1 min
  • Suide-inwoners praat oor impak van myne, groenwaterstof
    Die Eco Dialogue Collective het 'n reeks gemeenskapsraadplegings in die Suide begin om die plaaslike impak van mynbou, groenwaterstof- en nywerheidsontwikkeling op watersekerheid en lewensbestaan te bespreek. Die projek, wat deur die EU befonds word en deur die NMT Media Foundation en die IPPR aangebied word, besoek Rosh Pinah môre en beweeg op 25 September na Stampriet. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die projekleier, Dickson Kasote, gesê dat die sessies inwoners 'n platform bied om bekommernisse te lug en deursigtige bestuur in die groen ekonomie te verseker.
    1 min
  • Guterres doen 'n beroep vir samewerking in New York
    Wêreldleiers, diplomate, kampvegters en ander invloedryke stemme vergader hierdie week in New York vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Leiers sal globale samewerking bevorder, ʼn noodsaaklike hupstoot gee aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en kollektiewe optrede bepleit vir vrede, waardigheid en gelykheid op ʼn gesonde planeet. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê te midde van wêreldwye bestaanskrisisse, is dit nou tyd vir leiers om saam te kom om gemeenskaplike grond te vind en oplossings te deel:
    1 min
  • Kapitaal-uitvloei is in wese misdaad van werkers
    Sielkundige en stigter van die Marxistiese Groep van Namibië Shaun Whittaker sê die land se verlies van 16,7 miljard Namibiese dollar jaarliks aan kapitaal-uitvloei is 'n politieke misdaad teen werkers. Whittaker voer aan dat geheimhouding rondom begunstigde eienaarskap in mynbou, vissery en bankwese hierdie verliese dryf. Hy het gewaarsku dat totdat werklike buitelandse eienaars in die openbaar blootgestel word, kapitaalvlug die belastingbasis sal aanhou krimp en loonvriesings en diensverlagings sal afdwing. Whittaker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Luvindao weerlê aantygings oor Mariental-suurstof
    Mariental Staatshospitaal maak al meer as drie maande op gassilinders staat nadat 'n ontploffing op 6 Junie sy hoof suurstofaanleg lamgelê het. Die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, het reageer IPC-LP, Lilani Brinkman, se onlangse opmerkings dat sy bekommerd is oor 100 000 Namibiese dollar se tussentydse koste en aangemelde sterftes. Luvindao het die eise van suurstofverwante sterftes as ongestaaf afgemaak, en verduidelik dat 'n dood op 9 September deur 'n onderliggende mediese toestand veroorsaak is. Na operasionele mislukkings met die aanvanklike kontrakteur, is 'n nuwe herstelwerkverskaffer in Augustus aangestel, met groot herstelwerk wat sedert middel September aan die gang is terwyl pasiënte op silinders en 'n sekondêre lyn bestuur word.
    1 min
  • Ondersoek na Muller-ongeluk geloods
    Ben Engelbrecht, die ondersoeker in die onlangse girokopterongeluk wat die lewe van die bekende wildboer en renosterbewaarder Jaco Muller geëis het, sê die voorlopige verslag oor die ongeluk sal na verwagting 30 dae ná die ongeluk bekend gemaak word. Hy het bevestig dat die girokopter sowat 75 km voor Outjo neergestort en uitgebrand het. Hy gee ons meer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.