Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Derde Dawn Park-moord verdagte vrygelaat
    Die Suid Afrikaanse nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die negende vrou wat sedert Julie vanjaar dood aangetref is in Ekurhuleni. Twee vroue wat met haar moord verbind word, het gister vlugtig in die Boksburg-landdroshof verskyn. Mosikili sê die polisie beskik nie oor voldoende bewyse om die saak teen die derde verdagte voor die hof te bring nie:
    1 min
  • Ally Angula dien dringende hersieningsaansoek in teen NamRA en Belastingtribunaal
    Die geoktrooieerde rekenmeester en voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula het 'n dringende hersieningsaansoek in die hoërhof teen NamRA en die Belastingtribunaal ingedien, waarin die verwerping van belastingaftrekkings van miljoene dollar vir die finansiële jare 2014, 2015 en 2016 betwis word. Angula vra die hof om 'n Belastingtribunaal-uitspraak van Augustus 2026 tersyde te stel en NamRA se aanvanklike beswaarbesluit van 2025 tersyde te stel, wat haar geëisde bedryfsuitgawes en slegte skuld heeltemal verwerp het. Yanna Smith het meer.
    2 min
  • VF Plus vra groter aanspreeklikheid oor besoedeling in Gauteng
    Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng moet nou van besprekings oor besoedeling oorgaan na daadwerklike optrede. Dit volg na die Gautengse beraad oor besoedeling, waartydens brandpunte geïdentifiseer is, die verantwoordelikes ter verantwoording geroep is en duidelike sperdatums vir opruimingsplanne voorgestel is. Jaco Mulder van die party sê hulle sal voortgaan om aan te dring op aanspreeklikheid en vordering met die ondernemings wat tydens die beraad gemaak is:
    1 min
  • Namibiers soek nuus-kanale en kommunikeerders wat hulle kan vertrou
    Inligtingminister Emma Theofelus sê die land se mediasektor werk in 'n inligtings-maal-kolk wat gedryf word deur digitale ontwrigting en 'n 24/7-nuus-siklus. Sy het by die Namibiese Media- en Kommunikasie-konferensie beklemtoon dat namate die volume en kompleksiteit van inligting ver-snel, Namibiers nuus-kanale en kommunikeerders soek en verkies wat hulle kan vertrou:
    1 min
  • DA beskuldig Gauteng regering van R1-miljard vermorsing
    Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het 'n kontrak van 78-miljoen-rand vir toesigkameras as 'n Microsoft Azure-ooreenkoms beskryf:
    1 min
  • Moenie Angolese kinders na Windhoek vervoer
    NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal lei.
    1 min
  • Taxibaas Sibanyoni vra ondersoek na beweerde polisieverbintenis
    Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke beampte. Sibanyoni het ook bewerings betwis dat hy toegang tot eiendomme of groepsgesprekke beheer het, en sê toegangskodes kon sonder sy medewete gedeel word:
    1 min
  • Menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies
    Voormalige Tukwatha-jeugorganisasie-leier Hendrina Kudhingililwa sê menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies se onderwys, en waarsku dat skenkingsaksies alleen nie die krisis kan oplos nie. Sy moedig die regering aan om 'n volhoubare nasionale stelsel op te bou, en dat skole gratis sanitêre doekies verskaf net soos openbare klinieke gratis kondome verskaf. Kudhingililwa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • AfriForum sê Mbalula word saam met Malema vervolg
    AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor 'n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius Malema, wat teregstaan op 'n soortgelyke aanklag. Gerrie Nel van AfriForum sê Mbalula se uitlatings het die kollege se skoolhoof, Jaco Pieterse, verkeerdelik betrek en dit skend sy waardigheid:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.