Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Fannie Masemola gretig om terug te keer werk toe
    Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hy is gretig om terug te keer werk toe nadat die Pretoriase Landdroshof die aanklagte teen hom teruggetrek het. Dit het verband gehou met 'n polisie-tender van 360-miljoen-rand aan die beweerde misdaadbaas Vusimuzi "Cat" Matlala. Masemola beskryf die afgelope maande as moeilik en uitdagend en sê dit het hom belangrike lesse geleer:
    1 min
  • SA voorsorgmaatreëls vir sardynvrektes bly van krag
    Suid-Afrika se departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is om die buitengewone sardynvrektes te bestuur, bly van krag. Dit volg al is geen nuwe grootskaalse sardynvrektes aangemeld nie, buiten 'n afsonderlike voorval toe vars sardyne verlede week naby Mbotyi aan die Noordelike Wildekus uitgespoel het. 'n Woordvoerder, Zolile Nqayi, sê monitering, die neem van monsters en laboratoriumondersoeke duur steeds voort in die Wes-Kaap en Algoabaai:
    1 min
  • Petrofund teken ooreenkoms met Saipem
    Petrofund het 'n ooreenkoms met die globale ingenieurs- en konstruksiemaatskappy, Saipem, onderteken, wat kapasiteitsbou in Namibië se ontluikende stroomop-olie- en gassektor sal fasiliteer. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi sê die ooreenkoms skep 'n raamwerk vir samewerking om plaaslike vaardighede te ontwikkel en kennisoordrag te bevorder.

    Shoki Kandjimi Woensdag
    1 min
  • Bokke die belangrikste toets: Wallabie-flank
    Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens hul vorige besoek aan die stad in 2024. Tizzano sê hulle sal beter moet vaar as teen Argentinië vroeër die maand:
    1 min
  • Trump prys homself, trek los teen Iran by VN
    Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van wêreldwye energiemarkte en stygende oliepryse tot gevolg gehad het, terwyl hy terselfdertyd Amerikaanse beleidsbesluite verdedig het.
    1 min
  • SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig
    Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in grootmaat vervaardig nie. Aucamp sê die vennootskap sal help om vee te beskerm en voedselsekerheid te beveilig:
    1 min
  • Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging
    Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend dat internasionale lugverbindings teen middel 2026 tot 17 bestemmings toegeneem het, vergeleke met 10 in 2023. Sy waarsku egter dat Namibië 'n duur bestemming geword het.
    1 min
  • Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het die president opgemerk dat terwyl die vasteland jaarliks tot 12 miljard Amerikaanse dollar mobiliseer, dit steeds ver van sy teiken van 30 miljard dollar teen 2030 is.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.