Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Massaskietery in KZN dalk dwelm-verwant
    Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die massaskietery in KwaMakhutha naby Durban kan verband hou met gevegte oor dwelmgebiede en onwettige vuurwapens. Die polisie soek na verdagtes nadat 11 mense, insluitend 'n swanger vrou, in die Ziko-gebied doodgeskiet en nog drie gewond is. Ntuli sê berigte uit die gemeenskap dui op dwelmbedrywighede en gereelde skietery in die gebied. Hy bepleit groter polisiesigbaarheid en moedig inwoners aan om inligting met owerhede te deel:
    1 min
  • One Economy Foundation waarsku skenkers oor slenter
    Die One Economy Foundation waarsku die publiek nadat 'n bedrieër voorgegee het dat hy voorsitter Monica Geingos was om 'n skenkerbetaling wat bedoel was vir hul Oktober-galadinee te onderskep. Die stigting bevestig dat 'n skenker fondse in 'n bedrieglike bankrekening inbetaal het nadat hy 'n vals faktuur van 'n private Gmail-adres ontvang het. Vinnige optrede het gelei tot die opskorting van die rekening voordat die volle bedrag onttrek kon word. Woordvoerder Paulina Moses doen 'n beroep op skenkers om faktuurbesonderhede dubbeld na te gaan en slegs deur amptelike stigtingkanale te kommunikeer. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • Trump skets twee drasties verskillende paaie vir Iran by die VN
    Amerikaanse President Donald Trump sê hy staan voor 'n groot besluit oor Iran: 'n ooreenkoms of algehele vernietiging. Hy het gister die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek, waar hy sy dank uitgespreek het teenoor die VN-Veiligheidsraad vir sy eenparige steun vir die VSA se 20-punt-vredesplan vir Gaza, en die amptelike goedkeuring van die Vredesraad. Trump sê hy glo 'n ooreenkoms kan ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing in November bereik word, en sê Teheran speel vir tyd:
    1 min
  • GOOD-party waarsku teen die ondermyning van SA se post-apartheid-skikking
    Die GOOD-party sê narratiewe van vervolging van witmense kan rasseverdeling verdiep en populistiese politieke partye versterk. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê sulke retoriek ondermyn Suid-Afrika se ná-apartheidooreenkoms en sy verbintenis om rassisme te verwerp. Hy het bygevoeg minderheidsgroepe moet nie geteiken word nie, aangesien Suid-Afrika se demokratiese oorgang wraak teen die wit bevolking vermy het. Herron doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om identiteitspolitiek te verwerp en gelyke geregtigheid, ubuntu en universele menswaardigheid te ondersteun:
    1 min
  • Sportministerie: Ontwikkeling en rehabilitasie van fasiliteite gelei deur NDP6
    Die sportministerie sê die ontwikkeling en rehabilitasie van sport-fasiliteite in al 14 streke word gelei deur die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Die ministerie waarsku egter dat die projekte deur begrotingsbeperkings gekniehalter word. Ministerie-woordvoerder, Aina Shikesho sê besluite oor infrastruktuurbesteding is gebaseer is op streke se bevolkingsgroottes, voortgesette projekverbintenisse en die kapasiteit om nasionale geleenthede aan te bied.
    1 min
  • Namibië se insolvensiewette moet dringend hervorm word
    Die oproep om dringende hervorming van Namibië se insolvensiewette wat vele klein ondernemings jaarliks sluit, word gesteun deur Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete. Meyer stem saam met eerste minister Elijah Ngurare dat vertragings met die hervorming van wetgewing wat bykans 'n eeu oud is, klein ondernemings onder toenemende druk plaas. Hy voer egter aan dat hervormings ook krediteure en finansiële instellings moet beskerm wanneer ondernemings in gebreke bly. Volgens Meyer is daar 'n dringende behoefte om nog 'n probleem aan te spreek.
    1 min
  • Regering se plan om Namcol in ope-universiteit te omskep bevraagteken
    Die parlement bevraagteken die regering se plan om Namcol in 'n volwaardige ope-universiteit te omskep. Rosa Mbinge-Tjeundo, 'n parlementslid van die PDM, het kommer uitgespreek oor die wetlike, finansiële en institusionele raamwerk wat nodig is om hierdie oorgang te ondersteun. Sy het vrae gevra oor onder andere maatreëls om te verseker dat studente nie benadeel word nie, dat kwalifikasies erken word, en dat die nuwe instelling oor die akademiese, tegnologiese en menslike hulpbronkapasiteit beskik om gehalte-hoëronderwys te bied.
    1 min
  • Swakara-telers ervaar 'n tekort aan produksiediere
    Swakara-telers ervaar 'n tekort aan produksiediere, aangesien die internasionale vraag na Swakara-pels hoog bly. Die voorsitter van die Swakara-raad, Julene Meyer, sê die bedryf werk aan verskeie inisiatiewe om die nasionale kudde te vergroot, insluitend finansiering vir telers om diere vir genetiese verbetering aan te skaf. Die Swakara-raad het vanjaar ook vyf ramme en ooie deur middel van staats-toetsplase beskikbaar gestel, terwyl opleiding oor kruisteling daarop gemik is om produksie so vinnig moontlik uit te brei. Meyer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Shadrack Sibiya bly in aanhouding op seks-aanklagtes
    Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting op 29 September weer in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die senior polisie-offisier word daarvan beskuldig dat hy 'n 18-jarige vrou verkrag het en 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak het. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Sibiya sal in die Kgosi Mampuru-gevangenis in aanhouding bly terwyl die staat borgtog teenstaan, weens kommer oor inmenging met getuies, dreigemente en 'n moontlike ontsnapping.
    1 min
  • Oud-minister betrek by lelike aantygings van intimidasie en teistering
    ’n Dringende aansoek is by die hoërhof ingedien na aanleiding van ’n eskalerende kommersiële geskil oor ’n kleinhandelontwikkeling in Omuthiya wat tot stilstand gekom het. Die aansoekers, William De’Ath, Sven Patzner en Fortitude Group Holdings, vra vir ’n tussentydse interdik teen Ha-Na-He Farming and Trading van oud-minister Pendukeni Iivula-Ithana, sy verteenwoordiger Kotje Ngaujake, en lede van die Namibiese polisie. Yanna Smith doen verslag.
    2 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.