Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • SA NSRI herdenk byna sestig jaar se reddingswerk
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Seereddingsinstituut vier bykans 60 jaar van lewensredding op Suid-Afrika se waters, met vieringe wat saamval met Erfenisdag en Wêreldmaritieme-dag. Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in 1966 naby Stilbaai dood is, wat daartoe gelei het dat Patti Price, 'n onderwyseres van Simonstad, haar vir 'n seereddingsdiens begin beywer het. Andrew Ingram van die instituut sê die organisasie bedryf 43 reddingstasies in agt provinsies:
    1 min
  • Gobabis skou gaan voort - sonder vee!
    Die voorsitter van die Gobabis skou-komitee, Danie Opperman, sê organiseerders gaan vandag boere help om alle diere vanaf die skougronde terug na hul verskeie plase te vervoer. Dit, ná die ministerie van landbou se aankondiging dat die verkoop en vervoer van alle gesplete-hoef diere summier landswyd opgeskort is, weens die uitbreking van bek-en-klouseer. Opperman het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die Gobabis landbou skou gaan steeds voort met al sy ander uitstallers.
    1 min
  • DA: SA Polisiediens nog nie misdaadsyfer reggestel nie
    Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 15 maande nadat die probleem die eerste keer uitgewys is, nog nie sy misdaadsyfers oor vroue en kinders reggestel nie. Die polisie het op 'n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie bevestig die probleem is nog nie opgelos nie. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die SAPD het die vorige syfers teruggetrek en beloof om die regte syfers bekend te maak, maar 'n jaar later het nog niks gebeur nie:
    1 min
  • Netbal: DebMarine Desert Jewels doen goed teen SA
    Hoofafrigter van DebMarine Desert Jewels, Julene Meyer, sê hoewel sy nie gelukkig is met die skeidsregters is nie, is sy steeds trots op die span se prestasie teen Suid Afrika. Die span het Woensdag een van hul uitspeel-wedstryde, vir die 2027 Wêreledbeker kwalifiserende rondtes, teen Suid Afrika se nasionale span met 33 teenoor 55 verloor. Meyer het met New Era News gesels:

    Julene Meyer Donderdag
    1 min
  • Windhoek-stadspolisie: Dorado-park handelaars verkoop sonder munisipale permitte
    Die Windhoek-stadspolisie het die verwydering van straatverkopers by die kruising van Kuaima Riruako- en Hendrik Witbooi-straat in Dorado Valley verdedig. Dit, na 'n video op sosiale media versprei is... wat 'n woordewisseling tussen beamptes en handelaars wys. Woordvoerder superintendent Marcelline Murapo bevestig die operasie is uitgevoer omdat die verkopers sonder die vereiste munisipale permitte hul goedere verkoop:
    Marcelline Murapo Donderdag
    1 min
  • SA Reserwebank verhoog terugkoopkoers met 25 basispunte
    Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent verhoog, weens hoër brandstofpryse en toenemende inflasierisiko's. Die besluit was eenparig en het die uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg. Die president van die bank, Lesetja Kganyago het aan die media gesê inflasie sal na verwagting later vanjaar en vroeg volgende jaar tot bo vyf-persent styg. Dit sal egter weer afneem indien brandstofpryse daal:
    1 min
  • NLU vra vir ramp-toestand weens bek-en-klouseer
    Die Namibiese Landbou-unie sê hy sal, weens die ernstige negatiewe impak wat bek-en-klouseer vir die landbou-sektor inhou, die regering vra om dringend ‘n ramp-toestand aan te kondig. NLU-president, Thinus Pretorius, pleit by boere om die opskorting van handel en die vervoer van diere, wat deur die Landbou-ministerie aangekondig is, te gehoorsaam. Hy vra dat boere enige gevalle, waar diere simptome van die siekte toon, onmiddelik by die staatsveearts moet rapporteer.
    1 min
  • Iranse President: Land sal nooit knie buig vir VSA nie
    Iranse President Masoud Pezeshkian sê die land sal nooit die knie buig ná byna sewe maande van oorlog met die VSA en Israel nie, maar is gereed vir 'n diplomatieke oplossing vir die konflik. Hy het by die VN se Algemene Vergadering gepraat, na Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om die Islamitiese Republiek uit te wis as ’n ooreenkoms nie binnekort bereik word nie. Pezeshkian sê die Iranse volk se weerstand sal net toeneem in die lig van sanksies, verhoogde druk en meer afknouery. 'n Kenner van Iranse sekuriteit en politiek, Behnam Ben Taleblu, het kommentaar aan Sky News gelewer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.