Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Uit SA: Entstof-produsente mag bek-en-klouseer-spuit op groot skaal vervaardig
    Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aankondiging deur landbouminister Willie Aucamp, dat kwalifiserende plaaslike en internasionale entiteite entstof teen bek-en-klouseer op groot skaal mag vervaardig deur voorwaardelike lisensie-ooreenkomste met die Landbounavorsingsraad. Die raad se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê die entstof is uiters geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en kan immuniteit vir tot 'n jaar bied. Hy sê betrokkenheid van die privaat sektor kan die beskikbaarheid verbeter en kan koste verlaag:
    1 min
  • Landbou-ministerie bevestig uitbreking van bek-en-klouseer
    Die Ministerie van Landbou Namibië sê die verkoop, beweging en vervoer van alle gesplete-hoef diere is summier, landswyd opgeskort, ná hy die uitbreking van bek-en-klouseer bevestig het. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor. Laboratorium-toetse het bevestig dat 10 van die 11 monsters wat by ‘n Windhoekse-labratorium geanaliseer is, positief vir die siekte getoets het. Ministerie woordvoerder, Romeo Muyanda:
    1 min
  • Rusland voer inligting-oorlog, sê Britse PM
    Die Britse eerste minister, Andy Burnham, beskuldig Rusland van inligting-oorlogvoering en pogings om tydens sy land se verkiesing in 2019 in te meng. Hy het in sy eerste groot internasionale toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, uitgevaar oor Rusland se vermeende pogings om leuens en waninligting te versprei. Burnham beweer die Kremlin bestee elke jaar ongeveer 28-miljard Namibiese dollar om inligting te manipuleer. Burnham het ʼn nuwe nasionale sentrum vir die verdediging van inligting bekendgestel om vals inligting wat vyandige state met kunsmatige intelligensie skep, op te spoor en te ontwrig:
    1 min
  • Dank Sibiya af as hy skuldig is: DA
    Die DA sê die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, moet afgedank word indien hy skuldig bevind word aan die ernstige aanklagte van seksuele oortredings teen hom. Hy staan tereg op vyf aanklagte, waaronder verkragting, twee aanklagte van seksuele gereedmaking, die aanmoediging van seksuele gereedmaking van 'n kind, en mensehandel. Lisa Schickerling van die DA sê die polisiediens se geloofwaardigheid rondom die beskerming van vroue en kinders is in gedrang, tensy daar beslissend opgetree word wanneer ernstige bewerings teen 'n senior offisier gemaak word:
    1 min
  • Nawa sorg vir diere, om vir mense te sorg
    Die Namibian Animal Welfare Association, Nawa, stel 'n mobiele sonkrag-aangedrewe eenheid in werking om gratis veeartsenykundige sorg en dierevriendelike tuie vir perde en donkies na afgeleë landelike nedersettings te bring. Janine van Rooyen, voorsitter van die Nawa-komitee, verduidelik hoekom die behandeling van diere in gemeenskappe noodsaaklik is.
    1 min
  • Interns 'moenie goedkoop arbeid wees nie'
    Nanso veroordeel die uitbuiting van studente-interns en vra vir 'n nasionale raamwerk wat minimum toelaes verpligtend maak en die oorgang na permanente poste reguleer. Woordvoerder Ndayola Mulongeni sê dat baie interns minder as 1 000 Namibiese dollar per maand verdien, wat nie eens basiese vervoer- en lewenskoste dek nie. Nanso dring aan op duidelike posbeskrywings en kanale vir die hantering van griewe om te verhoed dat maatskappye studente as goedkoop arbeid gebruik. Mulongeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Help Zambezi-boere met leeu-verliese, vra IPC
    Die IPC se skadu-omgewingminister, Roderick Likando, het die omgewingministerie versoek om sy intervensie in die Zambezi-streek te versterk nadat leeus tussen Junie en Augustus 70 beeste doodgemaak het. Likando sê dat toenemende veeverliese in brandpunte soos die Linyanti- en Judea Lyaboloma-kiesafdelings landelike lewensbestaan bedreig. Hy vra dat die ministerie vinnige reaksiespanne ontplooi, roofdierbestande kraalondersteuning versnel en vergoeding vir geaffekteerde boere stroomlyn.
    1 min
  • Vergadering met Trumo produktief: Zelensky
    Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy het ʼn positiewe en produktiewe vergadering met president Donald Trump gehad en albei lande wil hê die oorlog van vier jaar teen Rusland moet beëindig word. Die leiers het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesprek gevoer. Hulle het die produksie van die Patriot-missiel in Kiëf, moontlike afskaling, en ander bilaterale en multilaterale kwessies bespreek. Zelensky het herhaal dat hy gereed is om die Russiese president, Vladimir Putin, by ʼn vergadering saam met Trump te ontmoet:
    1 min
  • Bly kalm, geen BKS bevestig nie: NLU-president
    Die departement veeartsenykundige dienste het alle veebewegings rondom Keetmanshoop gestaak, met gerugte van 'n vermoedelike bek-en-klouseer uitbreking in die Suide wat die rondte doen. Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, het bevestig dat 'n amptelike ondersoek tans aan die gang is. Pretorius raai produsente aan om waaksaam te bly terwyl hulle op formele leiding van veeartsenykundige owerhede wag.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.