Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • BOSA: DA-behuisingsbelofte in Kaapstad "te min, te laat"
    Build One South Africa het gereageer op die DA se jongste behuisingsbelofte vir Kaapstad en dit as "te min, te laat" bestempel. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gister in die aanloop tot die plaaslike verkiesing, ’n nuwe plan vir bekostigbare behuising bekendgestel. Roger Solomons van BOSA sê egter die syfers dui aan daar is die afgelope jaar net meer as sewe-duisend-400 behuisingsgeleenthede regoor die Wes-Kaap verskaf, teenoor ’n waglys van meer as 490-duisend huishoudings.
    1 min
  • NQA vra vir geverifieërde kwalifikasies
    Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid waarsku dat kwalifikasies behoorlik geakkrediteer en geverifieer moet word om die integriteit van die arbeidsmag te beskerm. Tydens 'n vergadering met belanghebbendes het Joseph Amunyela, die uitvoerende hoof vir kwalifikasies, gesê dat kwalifikasies waarvan die gehalte gewaarborg is, noodsaaklik is.
    1 min
  • Sokker: Mosimane sê Bafana Bafana kan by die Springbokke leer
    Die Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane sê die span kan by die Springbokke leer, wat sterk mededingend bly ongeag wie hulle teenstanders is. Mosimane sê die druk om plekke in die span kan die beste in spelers na vore bring en selfvoldaanheid voorkom. Bafana is besig met voorbereiding vir die 2027-Afrikabekertoernooi-kwalifiseringswedstryde teen Guinee en Eritrea. Mosimane beklemtoon die belangrikheid daarvan om 'n duidelike roete vir junior nasionale spanne na Bafana Bafana te ontwikkel:
    1 min
  • Brown Mogotsi vierde keer borgtog geweier
    Die Johannesburgse Landdroshof het die vierde keer borgtog geweier aan die selfverklaarde politieke bemiddelaar, Brown Mogotsi. Hy staan tereg op aanklagte van regsverydeling en meineed nadat hy na bewering 'n sluipmoordpoging op homself nagemaak het in Vosloorus, Gauteng. Landdros Anneline Tlhapi het bevind Mogotsi het versuim om 'n betroubare en bevestigbare woonadres te verskaf, dat hy nie 'n betroubare aansoeker is nie en 'n vlugrisiko inhou:
    1 min
  • RISE Mzansi vra etiese herstel in openbare sektor
    RISE Mzansi sê korrupsie steel van behoeftiges en ontneem gemeenskappe van openbare dienste en ekonomiese groei. Volgens parlementêre inligting is 103 korrupsie-sake in 2025/26 teen staatsamptenare aangemeld, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat 'n skuldigbevindingskoers van bo 86-persent het. Die gemiddelde tyd vir afhandeling het egter van 195- tot 562 dae gestyg, met tot 962 dae vir wetgewende sake. Woordvoerder Mabinda Seaba dring aan op leefstyloudits, en genoegsame hulpbronne vir die Valke:
    1 min
  • SA Departement vir Vroue bekommerd oor Sibiya-inhegtenisneming
    Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede is bekommerd oor die inhegtenisneming van die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Hy word beskuldig dat hy 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak, en 'n 18-jarige by 'n hotel in Sandton verkrag het. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê die bewerings is uiters kommerwekkend, gegewe die verantwoordelikheid van wetstoepassers om vroue en meisies in die land te beskerm:
    1 min
  • SA Reserwebank kondig môre jongste repokoers-besluit aan
    Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal môre sy jongste repokoers-besluit aankondig, en ekonome is verdeeld oor of die koers met 25 basispunte verhoog sal word of onveranderd op 7 persent sal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom dr. Roelof Botha gepraat wat sê dit sou onredelik wees vir die sentrale bank om die koers te verhoog:
    1 min
  • Nuwe intensiewe sorgeenheid by Sentrale Hospitaal sal kritieke sorg versterk
    Die gesondheidministerie het 'n pediatriese intensiewe sorgeenheid van 28 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Sentrale Hospitaal geopen om kritieke sorg vir kinders te versterk en kindersterftes te verminder. Die eenheid sal hoërisiko-gevalle in die openbare sektor hanteer en afhanklikheid van private hospitale verminder. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het by die opening gesê die fasiliteit is 'n sleutelstap om voorkombare kindersterftes te beëindig.
    1 min
  • EU opskorting van Brasiliaanse vleisinvoere wys belangrikheid van beheermaatreëls
    Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad sê die EU se opskorting van Brasiliaanse vleisinvoere beklemtoon die belangrikheid van Namibië se streng veeartsenykundige beheermaatreëls. Uitvoerende, Anja Boshoff, sê die land se klein uitvoervolumes beteken egter dat plaaslike produsente nie 'n groot aanvrag vir hul vleis weens die opskorting sal sien nie.

    Anja Boshoff Woensdag
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.