Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom
    Regters by die Internasionale Strafhof het die rebellebevelvoerder Mahamat Said Abdel Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom vir die mishandeling en marteling van gevangenes by 'n aanhoudingfasiliteit in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Voorsittende regter Miatta Maria Samba.
    1 min
  • Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties
    IPC-leier Panduleni Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties en voorspel dat produksie nie voor 2035 sal plaasvind nie. Itula waarsku dat internasionale oliemaatskappye nie groot bedrae geld sal belê sonder duidelike belasting-, tantième- en regulatoriese raamwerke nie. Hy sê dat groot operateurs vier jaar na die aanvanklike aflandige olie-ontdekkings hul finale beleggingsbesluite al verskeie kere uitgestel het.
    1 min
  • Verkiesingsgedragskode noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings
    Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136 790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing. Moepya waarsku oortredings kan die verkiesingsproses ondermyn. Hy sê die ondertekening van die kode kan ook help om openbare vertroue in verkiesings te herstel:
    1 min
  • Groter balans in verspreiding van jeugontwikkelingsfonds
    Die voorsitter van die Kharas-streekraad, Gerrit Witbooi, doen 'n beroep op groter balans nadat slegs een jeugdige uit die suidelike streek befondsing van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen Namibië-dollar verkry het. Witbooi het onlangs tydens 'n werkswinkel in Keetmanshoop finansiële instellings aangespoor om jong entrepreneurs duideliker terugvoer en praktiese ondersteuning te gee om die gaping tussen sake-aspirasies en bankbaarheid te oorbrug.
    1 min
  • Maak gereed vir hoër rentekoerse en brandstofkoste
    Namibiërs moet hulle gereed maak vir hoër rentekoerse en brandstofkoste, met die Bank van Namibië wat na verwagting Suid-Afrika se onlangse rentekoersverhoging van 25 basispunte sal volg. Ekonoom, Robin Sherbourne waarsku hoewel prysverhogings op voedsel en kunsmis nog nie ten volle ingeslaan het nie, voortdurende spanning in die Midde-Ooste plaaslike lewens-koste sal opstoot.
    1 min
  • Activists and Citizens Forum: Aanklagte teen Sibiya uiters ernstig
    Die Suid Afrikaanse organisasie, Activists and Citizens Forum, sê aanklagte van aanranding, seksuele gereedmaking en verkragting teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is uiters ernstig. Woordvoerder Dennis Bloem sê howe moet geen genade betoon aan mense wat van verkragting beskuldig word nie. Bloem moedig ondersoekers aan om te sorg dat die saak nie ontspoor soos die saak teen pastoor Timothy Omotoso nie:
    1 min
  • VN-besoek: NNN fokus op versterking van toegang tot gesondheidsorg
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah fokus tydens haar hoë-vlak-VN-besoek op die versterking van Afrika se toegang tot gesondheidsorg. Sy beoog ook om die bevordering van digitale transformasie te verbeter en om meer ekonomiese geleenthede vir die vasteland se jongmense te skep. Tydens bilaterale gesprekke met die Spaanse premier Pedro Sánchez het sy beklemtoon dat Afrikalande billike toegang tot entstowwe en mediese voorrade tydens wêreldwye gesondheidsnoodgevalle moet hê. Die president se woordvoerder, Jonas Mbambo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat... en sê sy het ook aandag gegee aan die praktiese implementering van die VN Pakt vir die Toekoms:
    1 min
  • Regter beveel Trump-administrasie om media-verbod om te keer
    Die Amerikaanse regter Timothy Kelly het die Trump-administrasie beveel om CNN, MS NBC en Politico se toegang tot die Withuis onmiddellik te herstel, nadat hulle deur president Donald Trump van die perseel verban is. Kelly het bevind dat die Trump-verbod op die mediahuise se verslaggewers onwettig is. In reaksie het die hulself tot die hof gewend en gevra dat die verbod opgeskort of heeltemal omgekeer word. Voormalige vise-president Kamala Harris was in Michigan en sy bestempel Trump se verbod as "afstootlik".
    1 min
  • KPMG-ekonoom sê daling in kerninflasie is positiewe teken
    Die hoofekonoom van KPMG, Frank Blackmore, sê die daling in kerninflasie tot 4,1-persent in Augustus is 'n positiewe teken, nadat kerninflasie die afgelope maande toegeneem het. Blackmore sê egter die hoër olie- en brandstofpryse veroorsaak opwaartse druk op vervoerkoste, wat bydra tot algehele inflasie. Hy sê behuising en nutsdienste is steeds die grootste bydraers tot inflasie, terwyl vervoerkoste ook styg weens hoër oliepryse:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.