Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Benjamin tevrede met Brave Warriors-vertoning teen Kongo
    Die Brave Warriors hoofafrigter, Collin Benjamin, sê hy is tevrede met sy span se vertoning in hul wedstryd teen Kongo in hul Afrikabeker-toernooi kwalifiserende wedstryd. Namibië het die wedstryd met 1-0 gewen. Benjamin sê die span se bal- en wedstryd-beheer was uiters goed:
    1 min
  • Pius Dunaiski: Namibië loop risiko om 'n konferensie-staat te word
    Politieke ontleder Pius Dunaiski waarsku dat Namibië die risiko loop om 'n konferensie-staat te word waarin hoëprofiel-beraadslagings in die plek van tasbare ekonomiese vooruitgang kom. Dunaiski sê dat slypskole en verklarings nie fabrieke bou of werkgeleenthede skep nie. Hy doen 'n beroep op die regering om plaaslike eienaarskap, waardetoevoeging en werkskepping bo politieke vertoon te prioritiseer:
    1 min
  • ActionSA verdedig sy plaaslikeregeringsverkiesing-kandidaatlys
    ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA 'n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin hulle beskuldig word dat hulle doelbewus kandidate vir kiesers wegsteek. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA hy probeer die howe vir sy eie agenda gebruik:
    1 min
  • NLU: Rolspelers vergader vir BKS-reaksie-planne
    Die Namibiese Landbou-unie sê daar is gister ‘n dringende vergadering met verskeie rolspelers by die Staathuis gehou om die volgende stappe in die land se bek-en-klouseer-reaksie te bepaal. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor, met ‘n daelike verbod op die verkoop, slag, en vervoer van vee landswyd. NLU-president, Thinus Pretorius:
    1 min
  • China ondersteun ‌VSA en Iran se besluit om oorlog te beëindig
    Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê ‌China ondersteun ‌dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State hou by ‌die “korrekte” posisie om Taiwan se onafhanklikheid teen te staan. Inligting oor die ontmoeting is skraps want die media was nie in die Withuis toegelaat nie. James Matthew, Sky se Washington-korrespondent, lewer kommentaar oor die prag en praal waarme Xi deur Trump ontvang is.
    1 min
  • BetterBond sê rentekoersverhoging sal verbandpaaiemente verhoog
    Oor na Suid-Afrika, en BetterBond sê die rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die veerkragtige rand en dalende inflasie kan help om ruimte te skep vir toekomstige rentekoersverlagings:
    1 min
  • Trump se SA vlugtelingprogram berus op ras: Lamola
    Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering steun nie die Amerikaanse program vir die toelating van Suid-Afrikaanse vlugtelinge nie. President Donald Trump het die hervestigingsinisiatief in Februarie 2025 ingestel en beweer dat Afrikaners deur staatsgesteunde rassediskriminasie, geweld en die onteiening van hul grond bedreig word. Trump het die jaarlikse perk vir die toelating van vlugtelinge in die VSA van 7 500 met 10 000 verhoog. Tydens 'n geleentheid in New York het Lamola gesê die program berus nie op vlugtelingstatus nie, maar op ras:
    1 min
  • Bly kalm oor BKS, vra waarnemende landbouminister
    Waarnemende landbouminister Charles Mubita vra vir kalmte en paraatheid om te help om die verspreiding van bek-en-kouseer te voorkom. Hy sê die ministerie werk saam met veeartsenydienste en boere om so gou moontlik die bron van die uitbreking te identifiseer en ook naspeuringswerk te doen. Mubita sê die verbod op die verkoop en vervoer van vee bly in plek tot daar ‘n nuwe opdatering is:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.