Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Formule 1: Norris is hartseer McLaren is so ver agter
    Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in Donderdag se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskap, Kimi Antonelli van Mercedes is met nege wedrenne oor, sê dis hartseer dat hulle so ver agter is:
    1 min
  • Bibi kap Mamdani in VN-toespraak, Mamdani slaan terug
    Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het die burgemeester van New York-stad, Zohran Mamdani, skerp gekritiseer tydens 'n omstrede toespraak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies.

    Benjamin Netanyahu vrydag jongste (let op greep)

    TERUG: In 'n verklaring ná die toespraak het Mamdani gesê dat Netanyahu, soos hy al telkens gedoen het, sy toespraak gebruik om ongegronde leuens te herhaal wat daarop gemik is om sy volksmoord op Palestyne te verbloem.
    1 min
  • Israel pleeg volksmoord: Lamola by VN
    Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy volgens die Volksmoordkonvensie sy verpligtinge wat Palestyne in Gaza betref, skend. Lamola sê die land reken die internasionale gemeenskap moet optree om die strafloosheid te beëindig:
    1 min
  • Swaar reënval, donderstorms en koue dié naweek
    Die Namibiese Meteorologiese Diens waarsku teen hewige donderstorms, swaar reënval en sterk winde oor verskeie dele van die land hierdie naweek as gevolg van 'n toenemende afsnylaagtepuntstelsel. Meteoroloog Albertina Anderson raai die publiek aan om voorsorgmaatreëls te tref teen erge weer in die Suide, en dele van die Erongo-, Omaheke- en Khomas-streke. Sy waarsku bestuurders om onbekende waterdieptes in riviere te vermy. Die temperatuur sal ook langs die kus en oor die binneland daal. Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Kubayi lei SA-span na 15de VN-kongres oor Misdaadvoorkoming en Regspleging
    Die Suid Afrikaanse minister van justisie en grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei van vandag af die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die 15de Verenigde Nasies-kongres oor Misdaadvoorkoming en Regspleging. Die kongres is ʼn globale forum vir lidstate en rolspelers in die regsektor om gesamentlike reaksies op misdaad te bespreek, strafreg-stelsels te versterk en die oppergesag van die reg te bevorder. Die departement se woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê die kongres sal na verwagting ook die Abu Dhabi-verklaring oorweeg:
    1 min
  • Kommersiële slaghuise met voorraad MAG vleis verkoop
    Kosmos 94.1 Nuus verneem dat berigte dat winkels, slaghuise en ander besighede wat vleis verkoop in Gobabis is aangesê om vanaf Donderdag namiddag om vyfuur op te hou om vleis te verkoop na die opsporing van bek-en-klouseer in die Suide. Die landbouwoordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat terwyl al die bemarking van rouvleis moet staak, raak dit nie kommersiële slaghuise nie.
    1 min
  • 70% van Namibiërs kry nie toegang tot huisleningsfasiliteite nie
    Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling erken dat 70 persent van Namibiërs nie toegang tot private bank-lenings het om huise te koop. Die Ministerie sê dis weens streng sekuriteits-vereistes, wat die staat dwing om die opgradering van informele nedersettings te prioritiseer. Die adjunkdirekteur van behuising, Kornelius Taseb, het uitgelig dat ernstige begrotings-beperkings, beperkte tegniese kapasiteit en 'n skaarste aan gedienste grond die nasionale behuisings-voorsiening steeds verlam.
    1 min
  • Duitse ruimtevaarder van 1 tot 10 Oktober in Namibië
    Die Duitse ruimtevaarder Matthias Maurer sal Namibië van 1 tot 10 Oktober besoek om deel te neem aan Wêreldruimteweek, wat meer as 8 000 plaaslike leerders reg oor die land sal betrek. Die Europese Ruimteagentskap-ruimtevaarder, wat tans voorberei vir NASA se 2028 Artemis-maanmissie, sê Namibië se droë terrein bied 'n natuurlike omgewing om maanoperasies te bestudeer. Maurer sê dat ruimtewetenskap 'n inklusiewe globale poging moet bly om gelyke toegang vir ontwikkelende en Afrika-lande te verseker.
    1 min
  • Savanna Beef: BKS-inperkings bring produksie en uitvoere tot stilstand
    Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard, sê die beperkings op die beweging van vee weens bek-en-klouseer het beesvleisproduksie en -uitvoere tot 'n totale stilstand gebring. Hy vergelyk die impak met die Covid-19-pandemie. Met die beweging van alle diere met gesplete hoewe wat stopgesit is, bevestig Collard dat Savanna Beef verwerking gestaak het. Hy spoor boere aan om streng biosekuriteit op plase af te dwing.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.