Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou
    President Donald Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou wat voorspoed en veiligheid vir toekomstige geslagte sal bevorder. Hy het 'n staatsdinee vir die Chinese president Xi Jinping gehou en dit was sy eerste besoek aan die Withuis in meer as 'n dekade. Die besoek vind plaas in 'n kritieke tyd vir betrekkinge oor verskeie kwessies tussen die twee lande, onder meer kunsmatige intelligensie, handel en die oorlog met Iran. Trump sê hulle werk aan 'n meer gebalanseerde handelsverhouding, insluitend nuwe marktoegang vir Amerikaanse boere:
    1 min
  • DA-leier sê Johannesburg kort net die regte regering
    Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê Johannesburg het nie ʼn gebrek aan potensiaal nie, maar kort ʼn regering wat daardie potensiaal kan verwesenlik. Hy het gister ondersteuners in die metro toegespreek as deel van die party se veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Helen Zille is die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Hill-Lewis sê die metro se uitdagings word vererger deur ʼn gebrek aan politieke wil, ten spyte van sy enorme ekonomiese moontlikhede. Hy het klem gelê op Johannesburg se tekort aan water en elektrisiteit:
    1 min
  • Ramaphosa: "Suid-Afrikaners, waak teen kragte wat eenheid ondermyn"
    President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gevra om te waak teen kragte wat die nasionale eenheid ondermyn. Hy het gister die hoofrede gelewer tydens die nasionale viering van Erfenisdag by die Bongolethu-sportstadion in Oudtshoorn, Wes-Kaap. Ramaphosa het gesê apartheid was in die verlede die land se gemeenskaplike vyand, terwyl die vyand vandag werkloosheid, geslagsgeweld, korrupsie en alkohol- en dwelmmisbruik is. Hy sê die waardes van eenheid, ubuntu en menswaardigheid, wat die nasie saamsnoer, moet versterk word:
    1 min
  • Regering besig om onbetaalde verlofbetalings aan streekraadslede te finaliseer
    Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering is besig om onbetaalde verlofbetalings wat aan voormalige en huidige streekraadslede verskuldig is, op te los. Hy beklemtoon dat die kwessie administratief en nie polities is nie. In antwoord op vrae van IPC-LP Alosius Kangulu in die parlement, het Ngurare bevestig dat verifikasieprosesse aan die gang is om billike, wettige uitbetalings oor alle betrokke rade te verseker.
    1 min
  • Netanyahu sê om Iran te teiken was een van sy maklikste besluite
    Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê "ons sou almal dood gewees het" as Israel en Amerika nie Iran aangeval en sy kernfasiliteite vernietig het nie. Tientalle afgevaardigdes het gister uit die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gestap toe hy opstaan om sy toespraak te lewer. Netanyahu sê een van die maklikste besluite wat hy as eerste minister moes neem, was om Iran te teiken. Hy sê Israel en Amerika het saam teen Teheran opgetree om die beskawing te red:
    1 min
  • IPC vra regering om Dordabis-plaasuitsetting stop te sit
    10:00 – Laai nuus

    Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September 'n 30 dae-uitsettingskennisgewing gekry. Mulunga wil hê die lynministerie moet hul besetting stopsit of alternatiewe grond verskaf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Australië stel ‘n ondersoek in nadat ‘n OpenAI-agent die nasionale gesondheidsorgdatabasis kraak
    Die Australiese regering het begin met 'n ondersoek nadat 'n OpenAI-agent by 'n nasionale gesondheidsorgdatabasis ingebreek en ongemagtigde toegang tot die land se Medicare-statistiekdatabasis verkry het. Dit is die eerste bekende geval waar kunsmatige intelligensie by 'n regeringsnetwerk ingebreek het. Die voorval het in Junie plaasgevind, maar OpenAI is eers in Augustus daarvan in kennis gestel. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê die ondersoek sal bepaal of bestaande wetgewing en bestuursprosesse geskik is om kubervoorvalle waar kunsmatige intelligensie gebruik word te hanteer.
    1 min
  • Nuwe AfriForum-plan kan help met plaasmoorde en landelike veiligheid
    AfriForum sê gegewe die toenemende geskil tussen Suid-Afrika en die VSA, wil hy ’n aktiewe rol speel om praktiese voorstelle te maak vir die hantering van plaasmoorde en landelike veiligheid. Die organisasie het ’n openbare-gemeenskapsvennootskap voorgestel wat daarop gemik is om veiliger omstandighede in die land te skep, sodat mense nie verplig voel om te trek nie. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê dit vorm deel van sy omvattende veiligheidsvoorstel, wat sy landwye netwerk van 178 buurt- en plaaswagte insluit:
    1 min
  • Rugby: Vermeulen sê die Bokke neem nie toets teen Australië ligtelik op nie
    Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het bewerings verwerp dat afrigter Rassie Erasmus se 13 veranderinge aan die beginspan vir die eenmalige toets teen die Wallabies 'n gebrek aan respek is. Suid-Afrika pak Sondag die toets in Perth aan ná 'n veeleisende reeks van vier wedstryde teen die All Blacks. Australië is sewende op die wêreldranglys, maar is onoorwonne onder hul nuwe afrigter, Les Kiss. Vermeulen verwag die Wallabies sal groot vasberadenheid na die wedstryd bring en die Bok-voorspelers uitdaag:

    Duane Vermeulen Vrydag
    1 min
  • ANC kritiseer Masemola omdat hy versuim het om op te tree teen Mchunu
    Die ANC het die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, beskuldig dat hy sy grondwetlike plig versuim het deur nie op te tree teen die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se opdrag om by misdaadintelligensie-aanstellings in te meng nie. Dit is 'n voorlegging deur die party terwyl die ad hoc-komitee wat bewerings van misdadigheid in die polisiediens ondersoek, oor sy konsepverslag beraadslaag. Khuselo Diko van die ANC sê Masemola moes Mchunu se opdrag geweier het om 'n moratorium op misdaadintelligensie-aanstellings te plaas:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.