Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Misa maan teen lukrake plasings oor vermiste persone
    Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. Misa-woordvoerder, Priya Ranchod, sê die hantering van ʼn vermistepersoonsaak behels baie meer as die skep en plasing van ʼn strooibiljet:
    1 min
  • Sokker: Banyana het Olimpiese Spele in visier
    Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê kwalifisering vir die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles is 'n prioriteit nadat Suid-Afrika die 2027-Fifa-Wêreldbeker vir vroue en die 2026-Afrikabeker vir vroue misgeloop het. Ellis het haar span aangekondig vir die wedstryde teen Madagaskar wat op 9 en 13 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Sy sê Banyana sal na die derde ronde deurdring as hulle wen, waar hulle teen Angola of Namibië te staan kan kom:
    1 min
  • Groot verkeersknope by Komatipoort
    Die Grensbestuursowerheid en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê meer as 1 800 vragmotors is in ʼn enkele dag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, verwerk. Dit word toegeskryf aan ʼn voortslepende opeenhoping. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle werk saam met Mosambiekse owerhede en ander rolspelers om die deurgang van verkeer te verbeter terwyl grens- en doeanebeheer gehandhaaf word. Sy sê die opeenhoping word toegeskryf aan hoë verkeersvolumes, infrastruktuurkapasiteit en bedryfstoestande aan beide kante van die grens:
    1 min
  • NLU verlig oor beperkte voorkoms van BKS
    Die Namibië Landbou-unie sê hulle is bly dat 'n rits roetine-ondersoeke na bek-en-klouseer landwyd van Dinsdag tot Vrydag bevestig het dat die uitbreking tot 'n besmette area in die //Kharas-streek beperk is. Altesaam 199 beeste is getoets, waarvan net 17 positief was. NLU-president Thinus Pretorius het meer:
    1 min
  • Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer
    Vier beeste op die plaas in die Karasburg-distrik waar daar Woensdag 'n bek-en-klou-uitbreking bevestig is, is na Otjozondjupa vervoer, het die minister in die presidensie en die adjunk landbouminister, Charles Mubita, Saterdag tydens 'n mediakonferensie by Staatshuis gesê. Naspeurbaarheid het onmiddellik begin, het hy gesê:
    1 min
  • Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat
    Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af te sluit. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde
    Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse ontdekking van tien liggame in Ekurhuleni, ook die geslagsgeweldafdeling en slagoffer-ondersteuningskamers by die stasies besoek:
    1 min
  • BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie
    Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat petroleumontdekkings tasbare ekonomiese waarde vir plaaslike ondernemings en burgers lewer. Josefina Oskar gee ons meer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.