Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Gariseb ontevrede met wyse waarop CoW hul protesaksie hanteer het
    Gemeenskapsaktiviste in Windhoek is ontevrede met die wyse waarop die stad hul protesaksie vir beter dienste hanteer het. Die aktivis Shaun Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Stad Windhoek se inisiatief vir gratis busvervoer oor die naweek nie daarin geslaag het om die gemeenskappe te bereik wat die meeste deur vervoeruitdagings geraak word nie. Hy sê betogers is nie toegelaat om die busdiens te toets nie, en dat sommige roetes nie gebiede bereik het waar vervoerprobleme die dringendste is nie.
    1 min
  • SA polisie ondersoek ontdekking van elfde lyk in Ekurhuleni
    Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van 'n elfde vrou gister langs 'n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die jongste vonds volg te midde van 'n voortgesette ondersoek na 'n reeks liggame wat die afgelope maande regoor Ekurhuleni gevind is. Die Gautengse polisie-kommissaris, Tommy Mthombeni, sê ondersoekers sal die ooreenkomste tussen die moorde ondersoek:
    1 min
  • Hulpbron-ontginning in Erongo-streek moet inwoners baat
    Die Erongo-streeks goewerneur, Natalia |Goagoses, sê minerale-, olie- en gas-, en mariene-hulpbronne beteken nie veel vir ‘n land as sy inwoners nie daarvan baat nie. Sy het tydens ‘n sessie by die Internasionale Forum oor Afrika-Karibiese Leierskap in New York gepraat en gesê die ontgin en uitvoer van die hulpbronne moet direk bydra tot ‘n land se werkskepping, infrastruktuur ontwikkeling, en watersekerheid. Sy sê die oplewing van hulpbron-ontginning en verwerking in die Erongo-streek moet tot die welvaart van die streek se inwoners wees:
    1 min
  • Teen-terrorisme-polisie lei ondersoek na voorval naby Fairford Lugmagbasis
    Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teen-terrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Fairford Lugmagbasis in Gloucestershire. Vyf mans oor die naweek vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg. Die Amerikaanse weermag het dit onlangs gebruik as basis vir verdedigings-aanvalle teen Iran.
    1 min
  • Wedela-taverne dodetal styg na 18
    Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en hul selfone gesteel voor die aanvallers weggejaag het. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die motief vir die aanval is nie bekend nie:
    1 min
  • DA vra beter samewerking teen massaskietvoorvalle
    In die buurland vra die DA onmiddellike samewerking tussen Misdaadintelligensie, gespesialiseerde speurders, die Valke, en forensiese kenners om die netwerke te identifiseer en te ontmantel wat verantwoordelik is vir die land se massaskietvoorvalle, bende-aktiwiteite en afpersing. Dit volg na massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27 mense dood is. Lisa Schickerling van die DA sê Suid-Afrika mag nie daaraan gewoond raak dat swaar gewapende misdadigers by openbare plekke instorm, mense doodmaak en sonder gevolge wegkom nie:
    1 min
  • Noorde-boere verheug oor BKS-inperkings-verslappings
    Boere in die Noorde van die land sê hulle is verheug met die verslapping van bek-en-klouseer-inperkings wat nou in werking is. Boere noord van die rooilyn kan nou weer hul diere tussen plase in die omgewing beweeg met vleis-verkope wat ook weer toegelaat word. Die vervoer van gesplete-hoef diere en hul vleis van gebiede suid van die rooilyn na gebiede in die noordelike kommunale gebied bly egter steeds beperk. Die voorsitter van die Okakarara-boerevereniging, Elia Kandjii, het met die nasionale uitsaaier gepraat en vra boere in die Otjozondjupa-streek om voort te gaan om hul vee te monitor en enige vermoedelike infeksies onmiddellik aan te meld:
    1 min
  • Amerika se ambassadeur by die VN sê Iran onderhandel nie “te goeder trou” nie
    In nuus van oorsee: Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe maande oue konflik het die vervoer van olie deur die seeweg ontwrig. Waltz het aan NBC gesê Iran se voorstel was ʼn siniese poging om iets, wat hulle weet onaanvaarbaar is, op die tafel te kry:
    1 min
  • Ramaphosa veroordeel naweek se massaskietvoorvalle
    Die Suid Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by 'n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in 'n massa-skietvoorval by 'n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens 'n toespraak gister in Gauteng het Ramaphosa gesê hierdie vlakke van geweld moet bekamp word:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.