Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Nosiviwe Mapisa-Nqakula ontken omkoop-aantygings
    Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly Shoke, te beïnvloed. Mapisa-Nqakula het deur middel van 'n tolk aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê dat sy geen mag gehad het om die aanstelling te doen nie, aangesien die finale besluit by die president berus het:
    1 min
  • BKS affekteer ook toerisme-sektor
    Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
    1 min
  • Madlanga-kommissie hoor nog getuienis
    In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor die feit dat hy nie sy deel van 'n ooreenkoms ontvang het nie, van ’n kontak wat as Bab Ntuli geïdentifiseer is. Chaskalson is aan die woord:
    1 min
  • Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse
    Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal weer met Iran in gesprek tree. Ekonoom Dawie Roodt is positief oor moontlike vrede, maar is bekommerd.
    1 min
  • Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon
    Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
    1 min
  • ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies
    Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in Keetmanshoop gepraat:
    1 min
  • Namibië, Finland herbevestig akademiese vennootskap
    Namibië en Finland het hul langdurige akademiese vennootskap herbevestig om navorsing, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te bevorder. Tydens 'n netwerkonthaal in Windhoek het die Finse ambassadeur, Katja Kalamäki, beklemtoon dat opvoedkundige bande tussen die twee nasies verder strek as die verkryging van formele kwalifikasies, na die bevordering van kreatiwiteit en leergierigheid.
    1 min
  • NNN se missie by VN uiteengesit
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar program by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York afgehandel en haar laaste verpligtinge benut om haar boodskap oor Namibië se ontwikkeling, belegging en wêreldwye vennootskappe te versterk. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar gesprekke en aktiwiteite gefokus het op ekonomiese ontwikkeling, die jeug, klimaatsverandering, vrede en veiligheid, asook die behoefte aan sterker multilaterale samewerking.
    1 min
  • Namibiërs, ons moet Angolese kinders help: Regshulpsentrum
    Die kwessie van Angolese kinders wat langs Namibiese strate en by besige kruisings houtlepels verkoop en bedel, wek steeds kommer. Die Regshulpsentrum doen nou 'n beroep op optrede om kinders te beskerm wat langs die pad goedere verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die sentrum se direkteur, Toni Hancox, gesels wat sê die situasie is hartverskeurend en dat die owerhede en die publiek nie bloot kan wegkyk nie.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.