Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Bly weg van robbe weens hondsdolheid-gevaar
    Dit is vandag Wêreldhondsdolheiddag, en CapeNature vra strandgangers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kus bespeur is. Hy sê enigiemand wat gebyt word, moet die wond 15 minute lank was en dringende mediese hulp kry. Folb is aan die woord:
    1 min
  • Energieministerie tob nog oor brandstofpryse
    Die energieministerie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike aanpassings van brandstofpryse vir Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n petroleumekonoom by die ministerie gepraat wat sê die komende aanpassings sal wêreldwye en plaaslike ontwikkelings in die energie- en ekonomiese omgewing weerspieël.
    1 min
  • GOOD vra oplossings vir geweld ná 16 mense oor naweek sterf
    Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet - tien in 'n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om geweld te bekamp werk nie. Hy sê die Wes-Kaap se eie Veiligheidsplan erken dat geweld voortspruit uit armoede, werkloosheid, oorbevolking en verwaarlosing:
    1 min
  • SUN steun planne vir Namcol as oop universiteit
    Die Studentevereniging van Namibië verwelkom planne om Namcol in 'n oop universiteit te omskep ten einde toegang tot tersiêre onderwys uit te brei, maar doen 'n beroep op die owerhede om sy dienste vir die verbetering van skoolpunte te behou. Die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, sê dat Namcol die koste vir die herhaling van vakke bekostigbaar moet hou om leerders wat sukkel teen duur private instellings te beskerm, terwyl streng gehaltebeheer gehandhaaf word. Sy kommentaar volg op die aankondiging van die oorgang deur die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti. Kavau praat met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • SA Internasionale Betrekkinge spandeer R830m op ambassades
    Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassade-geboue en ander buitelandse bates op 830 miljoen Suid Afrikaanse rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor 'n tydperk van drie jaar saamgestel is, raam die herstel-koste vir Suid-Afrikaanse buitelandse bates in Brittanje op ongeveer 170 miljoen rand. In die Nederland staan dié bedrag op sowat 110 miljoen rand.
    1 min
  • Landboukundige Wallie Roux reageer op BKS-inperkings
    Die regering se besluit om beperkings gedeeltelik op te hef ná die uitbreking van bek-en-klouseer word steeds regoor verskeie sektore verwelkom. Die landbouministerie sê die uitbreking bly gelokaliseerd, en vee wat na Otjozondjupa nagespoor is, het negatief getoets. Beperkings op die beweging van diere noord van die veeartsenykordon is nou opgehef, terwyl beheermaatreëls vir die beweging van vee uit die suide van krag bly. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukundige Wallie Roux gesels:
    1 min
  • "Lex Libertas Witkruisprojek 'n sukses"
    Die Lex Libertas Witkruisprojek het sy geleentheid die afgelope naweek by die National Mall in Washington, D.C. afgesluit, waar ongeveer 3 000 wit kruise vertoon is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gepraat. Hy sê die geleentheid was 'n sukses en lig in oor wat volgende op die program is.
    1 min
  • Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie
    Vrae word gevra oor die werklike impak van 'n nuwe gesamentlike ooreenkoms wat tussen Namibië se verkrygingsraad en die medediningskommissie onderteken is. Die Tender Bulletin berig die inisiatief is daarop gemik om mededingingsbeperkende praktyke in openbare tenders op te spoor en te voorkom, met spesifieke fokus op samespanning, die manipulasie van tenderprosesse en prysvasstelling binne staatsverkryging. Yanna Smith verduidelik.

    Yanna Smith maandag een

    Daar is ook vrae oor die werklike doeltreffendheid van die Mededingingskommissie.

    Yanna Smith maandag twee
    1 min
  • Desert Jewels kwalifiseer vir 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney
    Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie historiese mylpaal die span se terugkeer na die wêreldverhoog merk.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.