Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Gauteng-polisie sê moordverdagte dood in voertuig gevind
    Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde eggenoot. Die ondersoek het hom met haar moord verbind, waarna 'n opsporingspan na hom begin soek het:
    1 min
  • Lamola: Die beveg van rassisme en onverdraagsaamheid nie net regering se werk nie
    Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onregte en takel ongelykhede af en bou samelewings wat berus op waardigheid, gelykheid en geregtigheid vir almal. Lamola sê wette, onafhanklike instellings en beleid teen diskriminasie is noodsaaklik.
    1 min
  • Namibië teken laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade aan
    Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel sê 91 renosters is in 2024 gestroop, en slegs 24 tot dusver in 2026.
    1 min
  • "Iran is gereed om gevegte teen Amerika te hervat"
    Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir ʼn breër ooreenkoms voortgaan. Die voorstel eis ook dat Iran se bates wat gevries is, vrygestel word. Dit sal die land toelaat om weer olie uit te voer. Araghchi het aan NBC gesê hulle is gereed vir enige iets:
    1 min
  • DA vra vir ondersoek na e-paniekknopie-datalek
    Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind het, hoe lank die inligting toeganklik was en of die betrokke inwoners in kennis gestel is.
    1 min
  • Trump sou nie RAF Fairford-vyf vrylaat nie
    Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:
    1 min
  • Kubayi verwelkom Durbanverklaring-vordering
    Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die SABC gesê daar behoort geen diskriminasie in 'n demokratiese staat te wees nie:
    1 min
  • Brave Warriors reg vir Comore-eilande-wedstryd
    Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed ontleed het.
    1 min
  • Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel amptelik geloods
    Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inligting.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.