Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering
    Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
    1 min
  • SA kabinet veroordeel toename in GBV
    In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg word:
    1 min
  • Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase
    Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.
    1 min
  • SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China
    Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand ingevoer het. Sy sê die geskiedkundige markgeleentheid sal plaaslike landboubelegging en werkskepping waarskynlik aansienlik aanhelp:
    1 min
  • Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking
    Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder die parlement se aandag gebring word.
    1 min
  • NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur
    Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperkte watervoorraad plaas.
    1 min
  • Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy
    Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gesels.
    1 min
  • Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse'
    Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en konflik te voorkom wanneer gesinne die verlies van ’n geliefde moet verwerk.
    1 min
  • SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande
    Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000 toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met 29 000 nuwe werksgeleenthede. Matlapane Masupye van Statistiek Suid-Afrika sê die gemiddelde maandelikse inkomste het met 4,1-persent gestyg:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.