Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • NBL se inkomste daal 3,9%
    Namibia Breweries Limited het 'n afname van 38,2 persent in bieruitvoere na Suid-Afrika aangemeld ná die beëindiging van sy Heineken-voorsieningsooreenkoms in April. Dit het die netto inkomste vir die middeljaar met 3,9 persent tot 222 miljoen Namibiese dollar laat daal, terwyl kostebesparings slegs gedeeltelik vergoeding gebied het vir hoër bemarkings- en herstruktureringskoste. NBL se direkteur van finansies, Willem Bierens de Haan.
    1 min
  • WGO: Gesondheidswerkers in DRK sukkel met Ebola-uitbreking
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet Diaz van die organisasie sê in sommige streke is daar ʼn geringe daling in oordragte, maar die aantal gevalle in hierdie uitbreking bly hoog:
    1 min
  • DA sê sterker optrede nodig om vuurwapengeweld in WK te bekamp
    Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Van Minnen sê onwettige vuurwapens vererger geweldsmisdaad, met die provinsie wat 'n skuldigbevindingskoers van 5,5-persent vir die besit van onwettige vuurwapens aangeteken het:
    1 min
  • Erongo-streek benodig meer as N$230m om skoleinfrastruktuur te verbeter
    Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die eerste Erongo-konferensie oor belegging in onderwysinfrastruktuur gesê.
    1 min
  • Infrastruktuur alleen kan nie digitale transformasie meebring
    Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit doeltreffend te benut.
    1 min
  • Is staatsbehuising te duur?
    Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack Dwellers Federation huise vir so min as 40 000 tot 50 000 dollar elk. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige uitvoerende hoof van NHE, Mike Kavekotora gepraat.
    1 min
  • Kosmos 94.1 Nuus ondersoek: Hoe presies het BKS in Namibië beland?
    Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.
    1 min
  • Gauteng-polisie arresteer 121 vermeende onwettige mynwerkers
    Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortdurende pogings om onwettige mynbou en verwante misdaadaktiwiteite in die provinsie te bekamp:
    1 min
  • Opsomming van vanoggend se Roadwatch
    Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:
    1 min
  • Aanhoudende kragonderbrekings in Tshwane moontlik skending van lisensievoorwaardes
    Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per maand, waarvan 70-persent langer as agt ure duur:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.