Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • NamPower belê naastens N$1-miljard in maatskaplike-beleggings-inisiatiewe
    Die krag-verspreider, NamPower, het dusver naastens een-miljard Namibiese dollar belê in sy maatskaplike-beleggings-inisiatiewe. NamPower besturende direkteur, Kahenge Haulofu, sê die inisiatiewe net, onder ander, verseker dat landelike gebiede nou toegang het tot elektrisiteit, terwyl studiebeurse verseker het dt jongmense hul studie-drome kon najaag:
    1 min
  • RISE Mzansi: SA se toekoms bedreig deur spanning regeringsvlakke
    RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op 'n geleentheid by Unisa gesê die land benodig 'n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die doodstraf weer in te stel en sê navorsing toon dit stuit nie noodwendig geweld nie. Mnguni vra sterker samewerking tussen die verskillende regeringsvlakke en bevraagteken of die provinsiale regering steeds doeltreffend is:
    1 min
  • Besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie wek kommer
    Die Native Small Traders Association het ernstige kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie. Die vereniging beklemtoon die hoë werkloosheid in die streke. Dit volg nadat Metro Katima Mulilo opgehou het om leë Carling Black Label-bottels by ongeregistreerde informele verkopers te koop. Die vereniging se voorsitter, Simasiku Mulijani, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Manchester City-baas ontken gekonkel met kontrakte
    Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18 miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 2009-2010- en 2017-2018-seisoene. Gedurende hierdie tydperk het City drie Premierliga-titels gewen. In 'n video wat aan personeel en spelers uitgelek is, ontken Manchester City se uitvoerende hoof, Ferran Soriano, enige wangedrag:
    1 min
  • N$228m Medicare 24-bedrogsaak deur NVG hersien
    Die korrupsiesaak van 228 miljoen Namibiese dollar wat met Medicare 24 verband hou, wag op 'n besluit van 'n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die Pretoriase Streekhof het die saak tot 17 November uitgestel sodat die paneel sy hersiening kan voltooi en die NVG oor die verdere verloop kan besluit:
    1 min
  • Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander
    President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar word strenger oorsig oor kunsmatige intelligensie gevra, en dat die tegnologie stadiger ontwikkel word. Trump sê die hoofde het ʼn “moreel bindende” dokument onderteken wat sal dien as ʼn vorm van beskerming teen moontlike gevare van KI:
    1 min
  • Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie
    President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om hul verskille opsy te skuif, sleuteluitdagings aan te spreek en in die aanloop tot verkiesings later vanjaar, aan blywende vrede en bestendigheid te werk:
    1 min
  • Ballotti bevestig opgraderingswerk by Sam Nujoma-stadion is hervat
    Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het bevestig dat opgraderingswerk by die Sam Nujoma-stadion hervat is. Die projek is weens kontraktuele kwessies en stadige vordering van vroeg in Oktober tot die einde van Oktober 2026 uitgestel. Ballotti het gepraat tydens Nasan Energies se aankondiging van sy borgskap vir die Millennium Julinho-sokkerklub:
    1 min
  • Akademiese krisis aan't broei by Nust
    'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde gelaat is. Nanso-lid en Nust-student Anna Nandjila verskaf meer besonderhede:
    1 min
  • Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor
    Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou word sal bepaal word ná Donderdag se uitspraak in sy borgtog-aansoek:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.