Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost
    IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die eerste minister en die gesondheidminister aan te dring op volle verantwoording. Nashinge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal
    Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omvang ondermyn die moraal van staatsamptenare wat integriteit en diens nastreef:
    1 min
  • Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming
    Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings en samewerking met veeartsenykundige owerhede kan ondersteun.
    1 min
  • RAF Fairford-ondersoeke duur voort
    Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan streng voorwaardes wat hul bewegings en kontak met ander betref.
    1 min
  • SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis
    Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is elf mense doodgeskiet. Die raad se hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, sê die land beleef ʼn “verval van sy morele aard":
    1 min
  • Regering moet beloftes aan Namibiese kinders nakom
    Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders 'n gedeelde verantwoordelikheid van elke Namibiër is.
    1 min
  • Namibiese besighede moet hul inligtingsekuriteit opskerp
    Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde stelsel-opdaterings, veilige rugsteune en personeelbewustheid is uiters noodsaaklik:
    1 min
  • Unam Cares kry internasionale erkenning
    Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe toon:
    1 min
  • Trump ontken aanbod aan Iran
    President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede te beëindig. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heeltemal bereid om die oorlog te hervat, en ook vir die moontlikheid van hernude diplomasie. Trump sê hy is vol vertroue dat hulle die oorlog teen Iran sal wen:
    1 min
  • SA Reserwebank waarsku kuberaanval kan volgende wêreldwye finansiële krisis veroorsaak
    Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, die gevare van kunsmatige intelligensie en hoë skuldvlakke, skep beleidsrisiko’s en bedreig finansiële bestendigheid. Hy vra dat doeltreffende regulatoriese en sekerheidsmaatreëls ingestel word om die finansiële stelsel te beskerm:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.