Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Engelse Premierliga lê Man City se gekonkel bloot
    Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 2009-2010- en 2017-2018-seisoene. Gedurende hierdie tydperk het City drie Premierliga-titels gewen. In 'n video wat aan personeel en spelers uitgelek is, ontken Manchester City se uitvoerende hoof, Ferran Soriano, enige wangedrag:
    1 min
  • BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani
    Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het meer:
    1 min
  • BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani
    Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het meer:
    1 min
  • Regering moet LGBT-Namibiërs betrek by menseregte-konsultasies
    Die regering se reaksie op aanbevelings in sy jongste VN-menseregte-oorsig het kommer laat ontstaan by die LGBT-regte organisasie Equal Namibia. Van die 21 aanbevelings oor seksuele oriëntasie, gender-identiteit en -uitdrukking, asook seksuele kenmerke, het die regering vier ondersteun en 17 "aangeteken". Justisieminister Wise Immanuel sê die aanbevelings sal uitgebreide konsultasie vereis, maar Kevin Wessels, die beampte vir regte en beleid by Equal Namibia, sê dit moet LGBT-Namibiërs insluit.
    1 min
  • Help boere en stel grondbelasting uit: Schlettwein
    Oud-landbouminister Calle Schlettwein doen 'n beroep op die regering om onmiddellike verligting aan boere te bied deur die sperdatum vir die indiening van grondbelasting uit te stel. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Schlettwein dat boere onder geweldige druk verkeer weens die bek-en-klouseer uitbreking en die dreigende El Niño. Hy waarsku dat bykomende finansiële druk hul boerderybedrywighede in gevaar kan stel.
    1 min
  • Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN
    Opkomende uitvoerende kunstenaars gaan in die kollig tree wanneer die Nasionale Teater van Namibië en die Universiteit van Namibië die "Unam Performing Arts Showcase Week" van 2026 aanbied. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN, sê die tweedaagse vertoonreeks wat op 9 en 10 Oktober om 6-uur die aand by die NTN Backstage plaasvind, sal musiek, drama, dans en beweging insluit. Dit sal aan senior en finalejaarstudente in uitvoerende kunste die geleentheid bied om voor die publiek op te tree.
    1 min
  • Burnham wil Brittanje in nuwe rigting stuur
    Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in 'n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. Burnham het verder onderneem om Brittanje se verkiesingstelsel te hervorm sodat elke stem getel en gehoor kan word. Hy sal ook planne vir 'n langtermynverhouding met die Europese Unie uiteensit:
    1 min
  • Ambassdeur vra geduld oor EU se reaksie op BKS
    Die Europese Unie vra vir geduld terwyl die implikasies van die uitbreking van bek-en-klouseer op beesvleisuitvoere na die Europese mark beoordeel word. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, het plaaslike owerhede geprys vir wat sy as 'n vinnige, deursigtige en professionele reaksie beskryf, midde vrae oor berigte dat 'n besending Namibiese beesvleis vanuit Europa teruggestuur is.
    1 min
  • Cosatu bly oor Cyril se geslagsgeweld-ingrypings
    Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien van hulpbronne om geslagsgeweld en vrouemoord te hanteer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.