Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Jaarlikse Whk-skou vuurwerke - hou jou dierekinders veilig!
    Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die DBV is aan die woord.
    1 min
  • Nog 'n nat en bewolkte naweek op die spyskaart
    Dit kan dalk weer ‘n nat en koel naweek wees met nog ‘n bolugstelsel wat nader aan die suid- en suid-westelike dele van Namibië beweeg, met bewolkte toestande wat more regoor die land verwag word. Weerkenner George van der Merwe sê buie kan veral in die Kharas en Hardap streek verwag word:
    1 min
  • Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep
    Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings sou bekom, mits die transaksie nie tot 'n de facto-verandering van beheer oor Trustco sou lei nie.
    1 min
  • Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo
    Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid lei voor die Desember-byeenkoms. Die kongres is geskeduleer vir 9 tot 11 Desember in Katima Mulilo.
    1 min
  • Swaar reën beskadig Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu
    Bestuur van die Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu sê swaar reën vanoggend het die skool se personeelkamer aansienlik beskadig. Departementshoof vir Handel en Voorberoeps-vakke, Paul Malembo, het met Nampa gepraat en gesê die gebou het in die vroeë oggend ure verspoel wat dinge, so ná aan die jaar-eindeskamen vir leerders en onderwysers moelik maak:
    1 min
  • SABC wil Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aanbied
    Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê albei instellings deel 'n mandaat om inwoners in te lig, deursigtigheid te bevorder en demokratiese betrokkenheid te versterk:
    1 min
  • Venaani wil hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande bespreek
    Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sal volgende week die hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande onder parlementêre ondersoek bring. Venaani sal 'n mosie vir debat indien oor strukturele ongelykhede in die internasionale finansiële stelsel, en hoe dit Namibië se fiskale ruimte, ekonomiese ontwikkeling en vermoë om noodsaaklike nasionale prioriteite te finansier, beïnvloed.
    1 min
  • SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense struikelblokke ondervind soos beperkte ervaring en 'n moeilike oorgang van skool na werk. Yende vra die regering om te fokus op werkverskaffing en vaardigheidsontwikkeling:
    1 min
  • Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium
    Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede en ander belanghebbendes. Minister Zaamwani sê sodra die uitslag van die impak-studie beskikbaar is, sal rolspelers weer vergader om die volgende fases te bespreek:
    Inge Zaamwani Donderdag
    1 min
  • Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts
    Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring op openbare bewustheid om die vroeë aanmelding van verkragting, dreigemente en mishandeling aan te moedig:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.