Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • IPC se Nashinge beaam Swapo-ministers se vertragingstaktieke
    Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van opposisie-navrae en ministers daarvan beskuldig dat hulle neerbuigend reageer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Slangteengif nou genoeg, maar nie ander teengiwwe
    Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
    1 min
  • Nie seker of Iran in Fludubai-chaos betrokke was: Bibi
    Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom oorrompel en twee ander vlieëniers aan boord het in Saoedi-Arabië geland. Netanyahu sê daar word ondersoek of dit 'n terroriste-aanval was:
    1 min
  • Maak seker jou huweliksrekords is reg, vra minister
    Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies vir oorlewende gades in die geval van dood te voorkom.
    1 min
  • Alcaraz hewig gekant teen Grand Slam-veranderinge
    Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner Ben Shelton vir Alcaraz, die verdedigende kampioen, eers half-vier die oggend verslaan het. Alcaraz sê die huidige formaat is 'n integrale deel van Grand Slam-toernooie:
    1 min
  • Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal
    'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy sou die eerste vrou sedert 1820 wees om in Tennessee tereggestel te word. WPLN se verslaggewer, Catherine Sweeney, wat die geleentheid bygewoon het, sê Pike het steeds kliphard gesnork na twee dosisse inspuitings:
    1 min
  • COSATU verheug dat werkers se geld veilig is
    Die werkersvakbond, COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die raad het verduidelik dat sy grondwet nie vereis dat afsonderlike finansiële state vir elke fonds opgestel moet word nie:
    1 min
  • CAN: Vroue moet vroeg vir kanker toets
    Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het vroue aangespoor om vroeë sifting te prioritiseer en onthul dat meer as 700 Namibiese vroue elke jaar met borskanker gediagnoseer word. Met die begin van borskankerbewustheidsmaand het Hansen opgemerk dat CAN se vennootskap met die ministerie van gesondheid borskliniekprogramme op distriksvlak in groot hospitale gevestig het, wat vroeë stadiumopsporing, biopsieë en vinnige behandeling moontlik maak om pasiëntoorlewingsyfers te verbeter. Hy deel meer:
    1 min
  • Sport-forum open deure by The Dome
    Die kontinentale forum van die Afrika-vereniging van Sportprestasiesentrums het vandag amptelik by The Dome in Swakopmund geopen. Die forum bring sportadministrateurs van regoor Afrika byeen en fokus op die mobilisering van hulpbronne, die volhoubaarheid van befondsing en langtermyn-mededingendheid op kontinentale vlak. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, verskaf meer besonderhede:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.