Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Kobus Laubscher prys Namibië se vinnige BKS-reaksie
    Die landboukundige Kobus Laubscher sê die feit dat vervoer- en handel-inperkings so vinnig aangekondig is, wys hoe ernstig die regering die bek-en-klouseer-uitbreking opneem. Laubscher het Namibiese owerhede geprys vir hul vinnige reaksie en veral melding gemaak van deursigtige kommunikasie en die onmiddellike isolasie van die //Kharas-streek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon dat die afsondering van die gebied die sterkte van Namibië se siekte-naspeuringstelsel demonstreer:
    1 min
  • City Power herstel 45% van sentrale-Johannesburg krag
    City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur 'n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur 'n alternatiewe roete voorsien word. Isaac Mangena van City Power sê daar is nog geen bevestigde tydraamwerk vir die volledige aanskakeling nie:
    1 min
  • Nuwe brandstofpryse vandag aangekondig
    Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag genoem het dat petrolpryse in die buurland met tot soveel as 3 Namibiese dollar kan styg. Plaaslik, waarsku ekonoom Klaus Schade dat ‘n prysstygings onafwendbaar is, weens die swak Namibiese dollar en stygende internasionale oliepryse:
    1 min
  • Trump erken Iran-oorlog kan sy party in November-verkiesings benadeel
    President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die Straat van Hormoes in fases heropen word. Amerika het ʼn teenaanbod gemaak wat Iran tans oorweeg. Trump het by ʼn Peterbilt-fabriek in Denton, Texas, gesê hulle sal die oorlog wen:
    1 min
  • SA regering se vierpunt-herstelplan wil stryd teen GBV versterk
    Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle uit te spreek teen geweld en skadelike gedrag. Die adjunkregeringswoordvoerder, William Baloyi, het gemeenskappe aangemoedig om met die polisie saam te werk, misdaad aan te meld en oorlewendes te ondersteun:
    1 min
  • Solidariteit waarsku teen rasgebaseerde tenders
    Die vakbond Solidariteit het verskeie staatsinstellings en munisipaliteite gewaarsku om nie bepalings van die Wet op Openbare Verkryging, wat tans ongeldig is, in tenderprosesse te gebruik nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof gelas het die wet is onregmatig verorden. Theuns du Buisson van Solidariteit sê ras-, geslags- of gestremdheidsvereistes wat verbind word met die ongeldige wet, moenie gebruik word om ondernemings uit te sluit van tenderprosesse nie. Hy sê belastingbetalers se geld moet aangewend word om gehalte-dienslewering en waarde vir geld te verseker:
    1 min
  • Old Mutual Namibië vra Namibiërs om nie Fima-wet te ignoreer nie
    Andreas Shaanika, hoof van konsultasie by Old Mutual Namibië, doen 'n beroep op gewone Namibiërs om nie die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima te ignoreer nie, aangesien dit hul geld raak. Hy sê die wetgewing is relevant vir werkers wat tot aftreefondse bydra, mense wat vir mediese dekking betaal, polishouers en beleggers. Shaanika sê hoewel Fima kompleks lyk, moet almal moeite te doen om dit te verstaan.
    1 min
  • Hof hoor van grafiese beeldmateriaal tussen Sibiya en beweerde slagoffers
    Die Randburgse Landdroshof het aantygings gehoor oor 'n aand toe die geskorste adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en twee meisies, van onderskeidelik 16- en 18-jaar-oud jaar oud saam was. 'n Ondersoekbeampte, bekend as sersant Ndlovu, het getuig Sibiya het die meisies na bewering na 'n ontkleeklub geneem voor hul teruggekeer het na 'n hotel, waar hy glo voorgestel het hul moet 'n drinkspeletjie speel. Sy het ook getuig oor kommunikasie tussen Sibiya en die 16-jarige waarin hy na bewering video's van 'n seksuele aard vra.
    1 min
  • Naretu & AA wil bestuursvernuf van vragmotorbestuurders verbeter
    Die Namibian Revolutionary Transport Union, Naretu, neem sy inisiatief om bestuurders in defensiewe bestuur op te lei, 'n stap verder. Die vakbond en die Automobielvereniging van Namibië het 'n ooreenkoms onderteken om vragmotorbestuurders toe te rus om gevare op die pad te identifiseer, potensiële gevare te voorsien en gepas daarop te reageer om ongelukke te voorkom. Kosmos 94.1-nuus het met Naretu se algemene sekretaris, Petersen Kambinda gesels.
    1 min
  • Namibië slaggereed vir ICC-Krieketwêreldbeker vir mans in 2027
    Krieket Namibië is slaggereed om die wêreld in 2027 na die land te verwelkom! Namibië tree as gasheer op vir die ICC-krieketwêreldbeker vir mans in 2027, met die groot toernooi wat op 2 Oktober 2027 afskop. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van onderwys en sport, Gerard Vries, sê hy is opgewonde en dat die toernooi baie voordele vir die land inhou:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.