Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Eiseb neem amptelik ACC-leisels oor
    Bryan Eiseb, die pas aangestelde direkteur van die Teenkorrupsiekommissie, sê hy werk daaraan om 'n geïntegreerde sentrum vir samewerking tussen verskeie instellings te vestig. Volgens Eiseb sal die sentrum met alle openbare instellings, insluitend die polisie en die tenderraad, saamwerk om voort te bou op Namibië se onlangse vordering met die aanspreek van tekortkominge in beheermaatreëls teen finansiële misdaad, en om 'n gekoördineerde benadering wat die hele regering betrek, te bevorder.
    1 min
  • Erongo soek N$230m vir ekstra klaskamers
    Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, sê die streek benodig 230 miljoen Namibiese dollar om ekstra klaskamers te bou en middagpelotonskofte uit te skakel, wat meer as 4 000 leerders raak. Met 4 000 meer graad een en -agt aansoekers wat tans ongeplaas is in Walvisbaai, Swakopmund en Karibib, sê Goagoses dat die staatsbefondsing van 80 miljoen Namibiese dollar onvoldoende is. Sy het vennote in die private sektor versoek om teen middel Oktober beloftefondse toe te ken om te verseker dat nuwe klaskamers gebou word voordat die 2027-skooljaar begin. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • Copps 94.1: Man saai amok by lykwaak
    Die Copps 94.1-span het ‘n rowwe Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met huismoles en ongelukke op nat paaie wat hulle besig gehou het. En dan was daar ‘n bisarre voorval van ‘n man wat amok by ‘n lykwaak gemaak het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
    2 min
  • Tennis: Vroue kry selfde Een-duisend toernooi prysgeld as mans
    Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende jaar die aantal toernooie waaraan die voorste spelers verplig is om deel te neem, ná kritiek oor die oorvol skedule:
    1 min
  • Geen geld vir nuwe voorwaardelike basiese inkomstetoelae nie
    Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes ontvang, nie daarvoor in aanmerking kan kom nie.
    1 min
  • Mudge prys vinnige reaksie op BKS-uitbreking
    Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier die uitbreking veroorsaak het, met streng strawwe indien dit bevestig word. Mudge het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
    1 min
  • Hoër petrolprys sal verbruikers knou
    Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Menslike denke moet behou word in tyd van KI
    Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
    1 min
  • SA soek goedkoper openbare vervoer, minder misdaad
    Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere roetes vir beide bus- en taxi-operateurs beskikbaar is. Sy sê hulle beveg ook misdaad en intimidasie in die sektor:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.