Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • AU gereed om Afrika-kredietgraderingsagentskap bekend te stel
    Die Afrika-unie is gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die agentskap se uitvoerende hoof, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-Namibiese dollar, met minder as vyf-persent van die finansiële instrumente wat tans gegradeer is. Sy het aan die SABC gesê verbeterde graderings kan beleggers-vertroue en toegang tot kapitaal versterk:
    1 min
  • Krieket Namibië sien uit na 2027 Krieketwêreldbeker-toernooi
    Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller, sê dat dit 'n bepalende oomblik vir die land sal wees om van die wêreld se voorste krieketlande op plaaslike bodem in 2027 te sien speel. Terwyl Namibië voorberei om volgende jaar die openingswedstryde van die IKR Krieketwêreldbeker vir mans aan te bied, beskryf Muller die geleentheid as 'n droom wat vir 'n klein krieketland waar word.
    1 min
  • Handelsafvaardiging van Zimbabwe besoek Windhoek van 7 tot 9 Oktober
    'n Handelsafvaardiging van Zimbabwe sal Windhoek van 7 tot 9 Oktober besoek, met ZimTrade wat poog om Zimbabwiese uitvoere na die Namibiese mark uit te brei. Besighede uit die landbou, onderwys, ingenieurswese, verbruikersgoedere, veevoer, tuinbou en logistiek-sektore gaan aan die verdagering bywoon. Namibië voer drinkgoed, sout en bevrore vis uit na Zimbabwe terwyl Zimbabwe elektrisiteit, farmaseutiese produkte, rou tabak en hout na Namibië uitvoer. Die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross sê egter die groter uitdaging sal wees om maniere te vind om meer gebalanseerde handel tussen die twee lande te ontwikkel, omdat Namibië se uitvoer-potensiaal na die Zimbabwiese mark beperk is:
    1 min
  • ANC wil verlore ondersteuning voor plaaslike-regeringsverkiesing inhaal
    Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslike-regeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 tot 45,59-persent in 2021 gedaal. Mbalula het ook vertroue uitgespreek in hul saak teen die Verkiesingskommissie in die Konstitusionele Hof oor 181 van hul kandidate nie op die stembriewe is nie:
    1 min
  • Varkprodusente onder intense druk weens BKS-uitbreking
    Die voorsitter van die Varkprodusentevereniging van Namibië, Gideon Goosen, waarsku dat varkprodusente breekpunt bereik... namate die verbod op vee-slagtings asook bewegingsbeperkings kritieke oorbevolking van vee op plase veroorsaak. Goose sê die gevolglike oorbevolking van hokke stoot daaglikse voerkostes pop, dryf voerkoste op terwyl varkvleispryse tot driejaar-laagtepunte daal.
    1 min
  • SA regering veroordeel moord op 14-jarige Mamelodi-tweeling
    Die regering veroordeel die moord op 14-jarige tweelingbroers in Mamelodi-Wes in Tshwane. Die tweeling se ma het haar seuns Vrydag dood in hul huis aangetref toe sy van die werk af kom. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en ondersoeke duur voort. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, bepleit die spoedige inhegtenisneming van die skuldiges en vra inwoners om die polisie met enige inligting te help:
    1 min
  • CoW finaliseer kragverbindings in informele nedersettings
    Stad Windhoek het fisiese elektriese verbindings vir informele nedersettingshuishoudings voltooi en is tans besig om kliënte se rekeninge te finaliseer om die oorblywende huishoudings van krag te voorsien. Stadswoordvoerder Celie Kapolo sê krag sal progressief aangeskakel word soos rekeninge oopmaak, dus kan geen vaste voltooiingsdatum gegee word nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • BKS: Veeheining in Suide sal byna N$50 miljoen kos
    Die Namibiese regering benodig onmiddellik sowat N$190 miljoen vir die bekamping van die bek-en-klouseeruitbreking in die land. Dit sluit N$47 miljoen in vir ‘n nuwe siektebeheerheining van sowat 290 kilometer tussen Ariamsvlei, Karasburg en Ai-Ais. Namibië se internasionale vleishandel is tot stilstand geruk nadat die uitbreking tot die opskorting van die land se bek-en-klou-vrye status gelei het. Gesprekke met handelsvennote duur voort oor besendings wat reeds onderweg of in berging was, sê minister Inge Zaamwani. Nog geld mag nodig wees vir die verdere bestuur van die krisis.
    1 min
  • Suid-Afrika oor 'n maand by stembus
    Dit is vandag presies 'n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November en politieke partye is steds besig met landswye verkiesingsveldtogte. Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed, met meer as 29-miljoen kiesers wat geregistreer is. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die kiesersrol is die grootste nóg in 'n plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê dit is deels te danke aan 'n verhoogde deelname van jong kiesers. Kiesers word aangemoedig om hul stemme te laat hoor:
    1 min
  • SWISS WorldCargo staak Namibiese uitvoere
    Die land se luguitvoere het 'n groot terugslag gehad, met SWISS WorldCargo wat alle uitvoervrag vanaf Windhoek tot verdere kennisgewing opgeskort het. Dit bring effektief 'n einde aan Edelweiss se lugvragversendings na Europa. Die maatskappy sê die stap volg op 'n deurlopende hersiening van nakomingsvereistes. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se bestuurder vir besigheidsontwikkeling, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die impak hiervan.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.