Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Krieket: FNB Eagles speel gasheer vir 5 eendagwedstryde teen Ierland
    Die FNB Eagles sal gasheer speel vir Ierland vir 'n reeks van vyf eendag-wedstryde wat van 22 Oktober tot 1 November by die FNB Namibië-krieketveld en die hoë prestasie-ovaal in Windhoek sal plaasvind. Die toer sal ook 'n reeks T20-wedstryde tussen die Capricorn Eagles A-span en Ierland se onder-19-vrouespan insluit. Die reeks sal twee wedstryddae met spesiale temas aanbied, naamlik die Oktoberfest-krieketdag op 24 Oktober... en die Halloween-krieketdag op 30 Oktober. Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Ocean Conservation Namibia vra beter benadering vir "miljoen bome teen 2030"-plan
    Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia vra 'n wetenskaplik-ondersteunde benadering tot die omgewings-ministerie se plan om een miljoen bome teen 2030 te plant. Dreyer sê dat jong bome nie Namibië se droë klimaat sal oorleef sonder voortdurende sorg nie. Hy sê gelyke prioriteit moet gegee word aan die bekamping van die onwettige kap en oes van bome vir houtskool. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • ACT se Ace belowe praktiese oplossings vir ACT-stemmers
    Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die party sal gemeenskappe raadpleeg voor burgemeesters aangewys word in munisipaliteite waar die party aan bewind is. Magashule voer aan mense sonder 'n matrieksertifikaat moet ook as raadslede kan dien, aangesien kennis van die gemeenskap en lewenservaring geleenthede skep:
    1 min
  • Lucia Witbooi belowe N$10,000 vir Rundu Handelskou
    Visepresident Lucia Witbooi het 10 000 Namibiese dollar belowe vir die jaarlikse Rundu Handelskou tydens 'n fondsinsamelingsgala wat daarop gemik was om ‘n miljoen Namibiese dollar vir die geleentheid in te samel. Witbooi het die aanwesiges toegespreek en die strategiese posisie van Rundu en die Kavango-Oos-streek beklemtoon as 'n kritieke vervoer-, landbou- en logistieke poort wat Namibië met breër streeksmarkte verbind. Sy het plaaslike besighede aangespoor om moderne tegnologie te omarm om koste te verlaag, produktiwiteit te verhoog en hul markwydte buite onmiddellike geografiese grense uit te brei.
    1 min
  • Malema vra gratis universiteitsonderrig
    Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens 'n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om vas te stel of hul ouers SASSA-toelaes ontvang, eerder as om te vra of hul ouers werk het. Malema sê dit sal help om te verseker studente se finansiële omstandighede ontneem hul nie van toegang tot hoër onderwys nie:
    1 min
  • Waatlemoen- en mango-projekte vang spoed in Kavango-Oos- en Zambezi
    Die eerster minister, Minister Elijah Ngurare, sê sy kantoor se waatlemoenprojek in die Kavango-Oos streek sal help om werkloosheid en armoed in diestreek hok te slaan. Ngurare sê sy kantoor werk tans met die Universiteit van Namibië om voorbereidingswerk vir die projek te doen. Volgens New Era News het die Sambyu-tradisionele owerheid reeds grond vir die voorgestelde fasiliteit toegewys. Ngurare sê ook dat 'n soortgelykke projek in Katima Mulilo geloods is, waar mango's geproduseer sal word
    1 min
  • DA eis gedetailleerde statistiek oor misdade teen vroue en kinders
    Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa 'n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend 'n befondsde plan om forensiese agterstande in te haal en hulpbronne te identifiseer. Lisa Schickerling van die DA sê die regering kan nie hulpbronne behoorlik toewys om hierdie euwel te bekamp nie, wanneer die misdaadstatistieke waarop enige strategie gebou moet word, wesenlik foutief is:
    1 min
  • Stadspolisie waarsku teen dobbel in die publiek
    Die Windhoek Stadspolisie sê hy gaan strenger optree teen openbare dobbelary en waarsku dat dobbelsteen-speletjies of kaarte in die openbaar 'n onmiddellike boete van 500 Namibiese dollar beteken. Stadspolisiesersant Nqobizwe Shipanga sê dat openbare dobbelary verbode is kragtens die 1930 Straat- en Verkeersregulasies. In 'n onderhoud met Future Media News het Shipanga gesê dat beamptes aktiwiteite via CCTV in die hoofstad monitor.
    1 min
  • Rugby: Bok-vroue klop Spanje in laaste W15 Global Series-toer-wedstryd
    Die Springbok-vroue het hulle W15 Global Series-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Teen rustyd in Sevilla was Suid-Afrika met 10-0 voor. Na drie drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers in uiters warm weerstoestande, het die span hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor die Spanjaarde behaal. Franzel September, wat die hoofafrigter-pligte met Laurian Johannes-Haupt deel, sê hulle is veral tevrede met die manier waarop hulle die Spaanse span se vloei kon belemmer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.