Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel
    Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
    1 min
  • Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse
    Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en die sentrale streek gehou is. Chivela se wenprys sluit in 'n ten volle uitgeruste mobiele kossleepwa ter waarde van 150 000 Namibiese dollar, 10 000 dollar in 'n Nedbank-rekening, 'n 5 000 dollar Bakpro-koopbewys en 'n Agra ProVision-kortkursus. Nedbank-woordvoerder Selma Kaulinge:
    1 min
  • Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder
    Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die Europese wetenskap- en ruimtevaartgemeenskap te versterk. Hy het tydens 'n mediageleentheid by die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DHPS, gepraat.
    1 min
  • EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag
    Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat word nie. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie stap 'n terugslag is.
    1 min
  • SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae
    Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte en uitgawes ingevolge gewone reisbestuursreëlings, afwykings van voorsieningsketting-bestuursprosesse en nood- of bedryfs-verkrygingsprosesse. Hy sê Motshekga kan nie langer agter burokratiese verskonings skuil nie:
    1 min
  • Integreer KI-leerstelsels in onderwys, vra NIED-hoof
    Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, of NIED, doen 'n beroep op die naatlose integrasie van kunsmatige intelligensie-leerstelsels in die onderwysstelsel. Tydens die amptelike opening van die Nasionale Konvensie oor IKT in Onderwys in Otjiwarongo het Simalumba die belangrikheid beklemtoon van die ontwikkeling van menslike kapasiteit, om die doeltreffende integrasie van IKT in onderwys te ondersteun.
    1 min
  • Ses aan boord vermiste mediese vliegtuig vermoedelik dood
    Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese lugvervoer verskaf, sê die ses mense aan boord is vermoedelik dood. Matthew Lake van die Amerikaanse kuswag sê vier slagoffers was Kanadees en twee van Bermuda:
    1 min
  • VSA-ambassadeur in SA misluk, sê kenner
    ʼn Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet "uit die kombuis kom" as hy nie meer glo in diplomatieke onderhandeling met Pretoria nie. Makhubela het aan die SABC gesê Bozell se inroeping is kommerwekkend:
    1 min
  • Tennis: Novak Djokovic steeds op koers om Chinese Ope die sewende keer te wen
    Die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, is steeds op koers om die Chinese Ope die sewende keer te wen. Hy het die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop en die halfeindronde gehaal. Die Serwiër se wenrekord van 32-0 in Beijing is die beste ooit in 'n mansenkelspel-toervlak-toernooi in die Ope-era. Hy speel volgende teen Daniil Medvedev van Rusland. Djokovic sê dis dié soort oomblikke waarvoor hy steeds speel:
    1 min
  • Malema: Eskom moet bedrywighede in stand hou sonder om wins te maak
    Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is 'n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees. Hy het kritiek uitgespreek oor die hoë elektrisiteitskoste vir arm huishoudings en Eskom daarvan beskuldig dat hy plase en nywerhede bevoordeel wat gekoppel is aan wat hy, white monopoly capital, noem:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.