Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Suid Afrika sien hewige brandstofprysverhogings Woensdag
    Wêreldwye spanning oor olievoorrade sal Woensdag skerp brandstofprysverhogings in Suid-Afrika teweeg bring. Die prys van petrol styg met tussen N$3.12 en N$3.33 per liter; diesel is tussen N$2.84 en N$3.24 per liter duurder terwyl die prys van lampolie met N$4.77 per liter styg. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê die verhogings hou verband met hoër ruoliepryse, kommer oor verskaffing en onsekerheid oor olieverskepings deur die Seestraat van Hormoes:
    1 min
  • 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer
    Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se titels te bereken, gebruik word. Motor Media Namibië het met Derek Jacobs van die Namibië Motorsport Federasie gepraat:
    1 min
  • NamLamb-span onttrek van 1ste Lamb Champs Invitational-kompetisie
    Die NamLamb-span van 10 lede het onttrek aan die eerste Lamb Champs Invitational-kompetisie op 31 Oktober in Suid-Afrika, na die bek-en-klouseer uitbreking. NamLamb-stigterslid Lenn de Jager is diep teleurgesteld en sê dat biosekuriteitskwessies die besluit afgedwing het, ten spyte van die span se gereedheid om Namibiese veld-geteelde lamsvleis te vertoon. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Korrupsiesaak teen die Khomotso Phahlane voorlopig teruggetrek
    Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die korrupsiesaak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris Khomotso Phahlane en sy medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die saak hou verband met 'n polisie-kontrak in 2016 van meer as 191 miljoen Namibiese dollar vir noodwaarskuwingstoerusting, waar 65 miljoen dollar aan die diensverskaffer betaal is. Die woordvoerder van die ODK, Henry Mamothame, sê die beskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte insluitend korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery:
    1 min
  • Agribank staan bankvas agter BKS-geaffekteerde boer en gemeenskappe
    Intussen sê Agribank hy staan bankvas agter boere en landbou-ondernemings wat deur die uitbreking van bek-en-klouseer geraak word. Agribank-woordvoerder Hileni Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank besef watter finansiële impak die siektebeheermaatreëls inhou. Die bank sal ondersteuning aan geaffekteerde kliënte op 'n geval-tot-geval-grondslag oorweeg, na gelang van hul individuele omstandighede.
    1 min
  • NNN: 29 313 diere reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 29 313 gesplete-hoef diere is reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets as deel van pogings om die uitbreking van die vee-siekte in die Karasburg-veeartsenydistrik te bekamp. Teen 5 Oktober is 127 positiewe gevalle op 15 plase aangemeld, met 20 toesigspanne en 10 padblokkades wat in die //Kharas-streek ontplooi is. Nandi-Ndaitwah sê die Kabinet het ook 'n buffer- en inperkingsone goedgekeur en heinings versterk om te voorkom dat die siekte na onaangetaste gebiede versprei.
    1 min
  • VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium
    Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog daaroor te hou. Darya Shipilova, 'n 28-jarige werker by die teen-pes instituut in die stad Irkutsk, het by die werk siek geword. Sy is twee dae later, op 2 Oktober in 'n streekhospitaal in die nabygeleë dorp Shelekhov dood. Dit is steeds onduidelik hoe sy siek geword het. SkyNews se Ivor Bennett doen verslag.
    1 min
  • AfriForum vra vir ingryping teen geweld onder onwettige mynbougroepe
    AfriForum het die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, gevra om dringend in te gryp met voortslepende geweld tussen vermeende onwettige mynbougroepe in Schoemanskloof, Mpumalanga. Ses vermoedelik onwettige mynwerkers is in Augustus doodgeskiet, met nog skietvoorvalle wat verlede week aangemeld is. Jacques Broodryk van AfriForum vra die polisie om die groter misdaadnetwerke agter onwettige mynbou te ondersoek, insluitend befondsers, goudkopers en vuurwapenverskaffers, en om 'n sterker sigbare polisieteenwoordigheid in die gebied te handhaaf:
    1 min
  • 36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp
    Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081 skole landwyd begelei.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.