Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Solidariteit stel nie-rassige alternatiewe voor, wil Agoa beskerm
    Die vakbond Solidariteit het 'n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag 'n aankondiging teen 1 November. Du Buisson stel voor rasgebaseerde beleide moet teen 2030 afgeskaf en vervang word met nie-rassige maatreëls:
    1 min
  • TLU SA bekommerd oor hemelshoë brandstofpryse
    Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse in Suid-Afrika styg môre met tussen drie Suid-Afrikaanse rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van TLU SA sê die hoër brandstofkoste sal die koste van boerderybedrywighede, vervoer en voedselproduksie verhoog:
    1 min
  • OneWeb satelliet-internetdiens gee landswyd dekking
    Landelike Namibië gaan vinniger en meer betroubare satellietinternet kry, na Paratus Namibië Eutelsat se OneWeb-satellietdiens in die land bekendstel het. Die diens is gemik op sowel huishoudelike as kommersiële kliënte landswyd, en bied konnektiwiteit met hoë spoed en lae vertraging. Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • SA Polisiediens: Shadrack Sibiya se tugverhoor reeds gehou
    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is reeds gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Sibiya het uitstel gevra om met sy regspan te beraadslaag. Dit is toegestaan en die verhoor sal Maandag voortgaan:
    1 min
  • Ineenstorting van sardyn-voorrade kan hewige ekologiese-impak het
    Ocean Conservation Namibia waarsku dat die ineenstorting van sardyn-voorrade in die Benguela-stroom 'n ernstige ekologiese verskuiwing na jellievis-gedomineerde waters kan veroorsaak. Bewaringsbewaarder Damian Schreiber sê terwyl robbe kan oorskakel na alternatiewe prooi soos lantern-visse, is die breër mariene voedselweb afhanklik van sardyne. Dit maak deurlopende mortaliteitsmonitering van kritieke belang vir beide mariende roofdiere en kommersiële visserye. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Namibiese stoeiers ryg medaljes in by SA Nasionale Jeugkampioenskap
    Namibië se jeugstoeiers het uitgemunt en altesaam 22 medaljes by die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskap in Kaapstad verower. Die span het 10 goue, vyf silwer- en sewe bronsmedaljes in verskillende ouderdomskategorieë en die Presidentstoernooi gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Anke Erasmus, die sekretaris-generaal van die Namibiese Stoeifederasie, gesels:
    1 min
  • "Een-miljoen bome teen 2023"-projek verg meer beplanning
    Die omgewingsake-ministerie het 'n strategie aangekondig om teen 2030 een miljoen bome te plant om landwye ontbossing aan te pak. Bewaringskundige Mark Paxton waarsku egter dat plantveldtogte bloot as foto-geleenthede dien tensy kap-en-brand-praktyke gestaak word. Hy sê die beskerming van intakte ondergrondse wortelstelsels om natuurlike regenerasie toe te laat, baie meer effektief is as om nuwe boompies te plant. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ook slegs inheemse bome moet geplant word:
    1 min
  • BKS-uitbreking: Boere oorval NLU met aanbiedinge om te help
    Intussen het die Namibiese Landbou-unie boere geloof vir hul samewerking om die siekte te stuit. Die unie sê dis belangrik dat die hele volk saamwerk om die verspreidng van die siekte te beveg deur nie onnodig diere en diere-produkte tussen plase en boeredery-distrikte te vervoer nie. NLU-president, Thinus Pretorius, sê die landbou unie word oorval deur boere wat uitreik en hul dienste aanbied om te help waar hulle kan:
    1 min
  • Meatco: EU se tydelike vleisuitvoere-verbod uit Namibië raak ook Noorweë
    Meatco het bevestig dat die Europese Unie se tydelike verbod op die uitvoer van vleisprodukte uit Namibië ook uitvoere na Noorweë, wat nie 'n EU-lidstaat is nie, raak. Meatco se aanvanklike kwota vir beesvleisuitvoere na Noorweë vir 2026 het ongeveer 265 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer, terwyl verwag was dat die finale bedrag vir die jaar 365 miljoen dollar sou beloop. Volgens Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sal die maatskappy aan EU-regulasies voldoen terwyl hy vir die 90 dae ná die uitbreking van bek-en-klouseer steeds toegang tot die EU-mark geniet.
    1 min
  • Rubio sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy militere basisse
    Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf Britse burgers, wat later op borgtog vrygelaat is. Rubio sê hy sal nie die verwydering van die bomwerpers van Fairford regstreeks met verlede week se voorval verbind nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.