Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • NNN: Moenie BKS-tekorte gebruik om wins te maak nie
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku dat die bek-en-klouseer uitbreking nie gebruik moet word om verbruikers uit te buit nie. Nandi-Ndaitwah het in haar eerste opdatering en toespraak aan die land, sedert die siekte se uitbreking, gesê die BKS-inperkings is ingestel om die landbou-sektor, boere, en Namibiërs te beskerm. Sy sê verskaffers moet nie nou die vleis- en ander skaarstes gebruik om onnodige winste op hul verkope te maak nie:
    1 min
  • EFF vra SA regering om brandstofheffing dringend te verlaag
    Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Suid Afrika se petrolpryse styg Woensdag met tussen 3 Namibiese dollar-12-sent en 3 dollar-33-sent per liter. Dieselpryse styg met tussen 2 dollar en 84-sent en 3-dollar en 24-sent per liter, terwyl die prys van paraffien met 4 Namibiese dollar 77-sent per liter styg. Sixolise Gcilishe van die EFF sê Suid-Afrika beheer nie die internasionale ruolie-prys nie, maar die regering beheer belasting, fiskale beleid, regulasies en die mate waartoe hy ingryp om burgers teen ekonomiese skokke te beskerm:
    1 min
  • NLU prys wéér land se BKS-reaksie
    Die Namibiese Landbou-unie sê hy stem saam met die Europese Unie se lofprysings vir die manier hoe die regering en die Direktoraat Veeartseny-dienste tot dusver die bek-en-klouseer uitbreking hanteer het. Die EU het Maandag die tydelike opskorting van invoere van Namibiese vleis-produkte na die streek aangekondig. Unie-president, Thinus Pretorius, sê President Netumbo Nandi-Ndaitwah se jongste opdatering verbeter ook vertroue in die regering se BKS-reaksie:
    1 min
  • DA: Skors polisiebeamptes wat van verkragting beskuldig word
    Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, moet aanspreeklikheid versterk om te verseker bewerings word behoorlik ondersoek en beamptes word ontslaan wat skuldig bevind is:
    1 min
  • LPM se Emvula vra vir beter ondersteuning vir Kuba
    Die adjunk-bedryfsekretaris van die Landless Peoples Movement, Eneas Emvula, het 'n pragmatiese verskuiwing in Namibië se diplomatieke benadering teenoor Kuba versoek. Die eilandnasie staar tans ernstige energie- en gesondheidsorgkrisisse in die gesig. Emvula het Namibiese diplomate aangespoor om verder as roetine-resolusies te beweeg en direkte hulp na te streef. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Vyfde been van Nasionale-tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer
    Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se titels te bereken, gebruik word. Motor Media Namibië het met Derek Jacobs van die Namibië Motorsport Federasie gepraat:
    1 min
  • Morgan Maumela se N$9,5m Ferrari word dalk verkoop
    Die Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van sakeman Morgan Maumela en die Maumela-familie-trust van die hand gewys om die verkoop van 'n Ferrari ter waarde van minstens 9,5-miljoen Namibiese dollar te keer. Die voertuig is as deel van 'n ondersoek deur die Spesiale Ondersoek-eenheid na beweerde korrupsie by die Tembisa-hospitaal in bewaring geplaas. Die woordvoerder van die ondersoek-eenheid, Selby Makgotho het aan Newzroom Afrika gesê die aansoekers kon nie ’n duidelike regs-aanspraak aantoon nie:

    Selby Makgotho Dinsdag
    1 min
  • Sankwasa: Windhoek kan nie soos 'n landelike dorpie lyk nie!
    Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het ferm standpunt ingeneem teen die toenemende aantal straat-verkopers in Windhoek. Na 'n onlangse besoek aan verskeie handel-s-gebiede, soos Havana Four-way, Stop & Shop en China Town, het Sankwasa Stad Windhoek-amptenare aan-ge-spoor om toe te sien dat daar 'n duidelike afbakening tussen handel-s-gebiede en informele nedersettings is. Hy wil ook hê dat hutte in rivie-rbeddings verwyder moet word.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.