Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Withuis krabbel terug oor Trump se Los Angeles en San Diego-opmerking
    Die Withuis krabbel terug nadat Amerikaanse president Donald Trump by 'n verkiesingsveldtog in Nebraska gesê het dat Iran Los Angeles en San Diego kan vernietig, en dat dit 'n klein prys sal wees om te betaal vir veiligheid. Volgens die Withuis het Trump bedoel Amerikaanse stede sou deur Iran bedreig word as hy nie die oorlog begin het nie, en kommunikasiedirekteur Stephen Cheung het op X gesê die media “freakout" daaroor is "nie gewortel in die werklikheid nie". Kaliforniese goewerneur Gavin Newsom het die uitsprake versteurd en gevaarlik genoem. Los Angeles se burgemeester, Karen Bass, het dit beskryf as dreigemente en 'n poging om aanvalle op Amerikaanse lewens aan te moedig. Luister self na Trump:
    1 min
  • Kenia bevestig eerste inkomende geval van Ebola
    Kenia se gesondheidministerie het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Gesondheidminister Aden Duale sê 'n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek van die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is Maandagaand oorlede. Hy sê die owerhede is besig om 28 kontakte op te spoor, insluitend familielede en gesondheidswerkers, sowel as 23 passasiers en vier bemanningslede:
    1 min
  • Namibiër Zack von Wielligh nou 'n Blitsbok
    Zack von Wielligh, ’n voormalige naelloper en losvoorspeler van Windhoek Gimnasium, het ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik. Die jong Namibiër is gekies vir die Springbok-sewesgroep vir die Mauritius Sevens-toernooi. Von Wielligh het sy internasionale debuut vir die Blitsbokke-seniorspan in Cascavelle, Mauritius, gemaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • NNN se armoede-opmerkings 'selfaanklag teen Swapo”
    Bestuurskenner Pius Dunaiski sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se onlangse opmerkings oor armoede beklemtoon die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee meeste Namibiërs te kampe het. Tydens die One Economy Foundation se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid het Nandi-Ndaitwah gesê dat te min Namibiërs ekonomies bemagtig is, wat daartoe lei dat diegene met finansiële middele met 'n toenemende stroom versoeke om geld gekonfronteer word. Volgens Dunaiski kom haar opmerkings neer op 'n vernietigende selfaanklag deur die regering na 36 jaar aan die bewind.
    1 min
  • Demensielyers van heksery beskuldig, owerhede moet optree
    Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vra vir sterker wetlike beskerming vir bejaardes wat valslik van heksery beskuldig word. Hulle ly dikwels aan ongediagnoseerde toestande soos vaskulêre demensie. Holtzhausen kritiseer owerhede vir hulle versuim om bestaande wette en Pan-Afrikaanse riglyne toe te pas, wat slagoffers kwesbaar laat vir menseregteskendings en verbanning. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Olieprys daal, 'sal nie dadelik brandstofpryse afbring'
    Die petrolprys styg vanaand om middernag met 1 dollar 50 sent. Dit terwyl die olieprys begin daal het na die G7-lande se ooreenkoms om 100 miljoen vate ru-olie en diesel uit strategiese reserwes vry te stel. Brent ru-olie verhandel tans net bo 98 Amerikaanse dollar per vat. Ekonoom Dawie Roodt waarsku egter dat die tydelike ingryping min verligting by Suider-Afrikaanse brandstofpompe sal bring. Maar hy is steeds optimisties, soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik:
    1 min
  • IPC het baie vrae oor hoë-sekuriteit nommerplate
    Die regering se beplande bekendstelling van hoë-sekuriteit nommerplate is in die nuus. Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê nommerplate met QR-kodes wat teen peutery bestand is, kan help om vervalste nommerplate en hul kloning, diefstal en registrasiebedrog te bekamp. Hy lig egter verskeie onsekerhede en potensiële probleme uit.
    1 min
  • Hoekom is adjunkministers nodig, hoor NV
    Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.
    1 min
  • Eise vir deursigtigheid oor Stad Windhoek HUB se reise
    Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise en geleentheidsafvaardigings. Dit sluit 'n onlangse reis van 3,3 miljoen Namibiese dollar na Eswatini in. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.