Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • DA: Vervang Padongelukkefonds om brandstofpryse te verlaag
    Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om 'n stelsel te finansier wat besig is om te misluk, en hy dring aan op dringende hervorming om die koste van petrol en diesel te verlaag:
    1 min
  • Otjozongombe-veldbrand deur weerlig veroorsaak
    Die velbrand wat Sondag in die Otjozongombe-gebied ontstaan het is deur weerlig veroorsaak. Dis volgens die senior bosboutegnikus by die ministerie van bosbou in die Kunene-streek, Frans Amunyela. Amunyela het met Nampa gepraat en sê die brand is nog steeds aktief en het reeds groot dele van die veld vernietig:
    1 min
  • Saftu vra vir paraffien-noodsubsidie om arm huishoudings te beskerm
    Die vakbondfederasie Saftu sê 'n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van paraffien-pryse met 3-Namibiese-dollar-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne. Asive Dyani van Saftu het die jongste brandstofprysstygings veroordeel en waarsku dit kan die lewens-koste-krisis vir werkersklas-huishoudings vererger:
    1 min
  • Ongevraagde bemarkings-e-posse kan jou kliënte vervreem
    Ons bly met plaaslike nuus: Die stigter van SMEs Compete, Danny Meyer, waarsku dat plaaslike ondernemings wat ongevraagde strooipos-e-posse vir bemarking gebruik, die risiko loop om kliënte te vervreem, en noem digitale indringing 'n simptoom van swak sakekultuur. Meyer sê dat die verwarring van strooipos met effektiewe bemarking verbruikersweerstand skep en kommersiële vertroue ondermyn. Hy voer aan dat bemarkingsukses eerder afhang van basiese respek, etiese bemarking en onwrikbare toewyding aan kliëntediens. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • VF Plus vra Ramaphosa om plaasmoorde te erken
    Die VF Plus vra president Cyril Ramaphosa om plaasmoorde te erken en te veroordeel nadat die 70-jarige Hannetjie van Zyl gisteraand naby Ottosdal in Noordwes vermoor is. Die party sê Van Zyl is by haar plaashek op die Doornpan-pad aangeval en is op pad hospitaal toe dood weens 'n hou teen die kop. Die VF Plus-leier Corné Mulder sê dit is tyd vir die regering om plaasaanvalle ernstig te begin opneem:
    1 min
  • Grensskoonmaakoperasie 'n sukses
    Die hoof van die verdedigingsmag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die voltooiing van 'n gesamentlike grensopruimingsoperasie aangekondig, wat 120 km langs die Namibië-Zambië-grens in die Zambezi-streek skoongemaak het. Pinehas het bevestig dat troepe 'n buffersone van 30 meter langs die grenslyn geskep het, en het personeel geprys vir die oorkoming van digte plantegroei, strawwe weer en wildrisiko's om grensveiligheid te versterk.
    1 min
  • FNB Wanderers reg vir Saterdag se eindstryd teen FNB Kudus
    Die afrigter van FNB Wanderers, Darryl de la Harpe, sê sy span is gereed om Saterdag om 4-uur in die eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga teen FNB Kudus te speel. Die wedstryd vind by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die verdedigende kampioene, Kudus, het Montego United in hul semifinaal met 55-38 geklop, terwyl Wanderers in die half-eindstryd met 60-27 teen FNB Grootfontein gewen het. De la Harpe het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

    Darryl de la Harpe Woensdag
    1 min
  • SA dieselpryse styg tot byna N$32 per liter
    Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê dat die impak oral gevoel word, ook hier in Namibië.

    TERUG: In die buurland kos 'n liter 93 petrol 29-Namibiese-dollar-88-sent, 95 petrol 30-dollar-25-sent, en 'n liter 0.005-persent diesel 33-dollar-29-sent in die binneland. 'N liter paraffien verkoop nou teen 24-dollar-47-sent per liter.
    1 min
  • Miljarde N$ vloei na buiteland vir gespesialiseerde olie- en gassektordienste
    Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens olie- en gaseksplorasie op see. Isabel von Oelhafen, bestuurder vir sakeontwikkeling by Namibia Oil and Gas, doen 'n beroep op groter samewerking tussen Namibiese ondernemings.
    1 min
  • SA brandstofpryse skiet ook op
    In Suid Afrika het brandstof-pryse ook vandag duurder geword, met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars wat waarsku die prysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal voedselpryse, vervoer en aflewerings beïnvloed en kan inflasie vererger. Premlall het ook gewaarsku hoë brandstofpryse kan die verkoop van onwettige brandstof en brandstof van swak gehalte bevorder.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.