Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • BKS het 'proaktiewe voorkoming nodig, nie reaktiewe bestuur'
    Die regering het 'n massa-ringinenting oor 11 plase in die Karasburg-distrik van stapel gestuur na die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê die herwinning van Namibië se bek-en-klouseer-vrye status vereis proaktiewe voorkoming eerder as reaktiewe bestuur, en dring aan op deursigtigheid oor hoe die virus die bek-en-klouseer-vrye sone binnegekom het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Plaaslike ster Melissa Muller blink uit by SA Uitvoerende Kunste-kampioenskappe
    Die Namibiese kunstenaar Melissa Muller het twee algehele trofeë en verskeie medaljes in sang, toneelspel en dans by die 2026 Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-kampioenskappe gewen. Muller het goud in kletsrym en R&B verwerf, asook 'n eerste algehele oorwinning in die kitaarkategorie. Sy het haar dankbaarheid uitgespreek, haar ondersteuners bedank en haar mede-Namibiese deelnemers geprys vir hul uitstekende vertoning. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • GIPF moet meer binne die land belê: Venaani
    PDM-leier McHenry Venaani sê 'n parlementêre hersiening moet gedoen word om meer van die Regeringsinstellings Pensioenfonds se 221,1 miljard Namibiese dollar-batebasis na binnelandse infrastruktuur, industrialisering en werkskepping te rig. Net 26,4 miljard dollar van die totaal is tans plaaslik belê. Venaani het belanghebbendes aangespoor om plaaslike beleggingshindernisse aan te spreek, en sê dat meer as 110 miljard dollar van plaaslike aftreefondse steeds in die buiteland belê is, terwyl ekonomiese groei traag bly teen 2,1 persent. Hy het in die parlement gepraat.
    1 min
  • Wetenskaplikes wat molekulêre raaisel oplos kry Nobelprys vir Chemie
    2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van 'n molekule bo 'n ander bevoordeel. Hiener Linke van die Nobelkomitee sê hul werk was ook belangrik in die ontwikkeling van chemiese prosesse wat gebruik word om medisyne te vervaardig:
    1 min
  • Inenting nou al opsie om BKS te keer: Zaamwani
    Landbouminister Inge Zaamwani het aangekondig dat inenting nou die mees lewensvatbare opsie is om die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik, waar 127 aktiewe gevalle op 15 kommersiële plase bevestig is, te bekamp. Die besmette gebied sal ook afgekordon word. Zaamwani het vanmiddag in die parlement gesê dat die Kabinet twee opsies oorweeg het: óf uitdunning van die besmette en blootgestelde beeste, óf inenting.
    1 min
  • Ondersoekeenheid kla oor terugvoer oor vervolgings
    Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se werk is tevergeefs indien daar nie op verwysings reageer word nie. Lekgetho sê dis moeilik om terugvoer te kry:
    1 min
  • Is digitale stelsel in plek vir nuwe nommerplate?
    PDM-parlementslid Winnie Moongo sê skandeerbare strepieskode-nommerplate alleen sal nie voertuigmisdaad beëindig sonder volle digitale afdwinging nie. Dit kom nadat die vervoerministerie nuwe skandeerbare nommerplate, duidelike blou nommerplate vir openbare vervoer en verpligte registrasie vir vervaardigers aangekondig het. Moongo het die stap verwelkom, maar sê dat sukses afhang van streng end-tot-end-opsporing van vervaardiger tot eienaar. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Vervoerkoste in SA 'gaan beslis styg'
    Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê vervoermaatskappye sal onvermydelik pryse moet verhoog:
    1 min
  • Staatskuld bly styg, kan goed wees, maar...
    Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings ekonomiese groei kan ondersteun, mits die geld aangewend word vir produktiewe beleggings met 'n hoë opbrengs wat groei vinniger genereer as wat dit kos om die skuld te diens.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.