Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • 984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid
    Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent sedert 2022 en 'n styging van 11 persent vergeleke met verlede jaar se 4 804 gegradueerdes.
    1 min
  • Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede
    Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, het haar medelye aan Phasiwe se gesin, vriende en voormalige kollegas betuig:
    1 min
  • Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter
    Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die parlement gepraat:



    Inge Zaamwani Donderdag
    1 min
  • WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir meer besonderhede oor die openbare gesondheidsmaatreëls wat ingestel is, die gesondheidstatus van die vrou se kontakte, en of 'n tweede werknemer met "longontsteking van 'n onbepaalde oorsaak" besmet is.
    1 min
  • Zimbabwe wil handelsbande met Namibië uitbrei
    Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse handelsamesprekings in Namibië is, sê haar land wil bestaande handelsbande verder uitbrei.
    1 min
  • Cameron Green uit eerste toets teen Proteas
    Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week 'n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet kies as nommer vyf-kolwer. McDonald sê Green herstel goed:
    1 min
  • Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS
    Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor moet gesamentlik optree teen bek-en-klouseer:
    1 min
  • Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS
    Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor moet gesamentlik optree teen bek-en-klouseer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.