Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • WGO spook om tweede geval van longpes in Siberië te bevestig
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê Rusland ontken dat enige pes-gevalle aangemeld is:
    1 min
  • Ramaphosa vra blywende vrede en bestendigheid in Suid-Soedan
    President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ontmoeting het die belangrikheid van volgehoue streeksbetrokkenheid en -samewerking ter ondersteuning van vrede, stabiliteit en politieke vooruitgang in Suid-Soedan herbevestig, insluitend ondersteuning vir die verkiesingsvermoë van die C5-lande:
    1 min
  • LPM se Ndala sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie
    LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig om te funksioneer. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Napha: Uitvoere van bergsebras na VSA goeie nuus
    Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na die VSA uitgevoer kan word, die instandhouding van betroubare wetenskaplike data noodsaaklik is vir die beskerming van die land se bewaringsmodel. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Gekleurde water in Rehoboth weens seisoenale invloeie en mangaan
    NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.   
    1 min
  • IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies
    Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags gekom. Links sê dit lyk of die veranderinge aangebring is om die regering se ontwikkelings-agenda te bespoedig, terwyl wysigings aan die Wet op Openbare Verkryging nog ontwikkel word.
    1 min
  • September-inflasie styg tot 5,4%
    Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê dis veral in die land se ekonomiese-kerns waar infalsie die meeste toegeneem het:
    1 min
  • WGO maak vordering met Ebola-nasporing in DRK
    Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte, in ander areas, steeds verder versprei. Hy sê dat verbeterde kontak-opsporing daartoe bydra dat mense wat aan die siekte blootgestel is, so gou moontlik behandeling ontvang:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.