Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Vakbond Giwusa vra beskerming teen afleggings en werkverliese
    Die Suid Afrikaanse vakbond, Giwusa, sê die buurland se vervaardiging-sektor ondervind 'n ernstige af-name... nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op 'n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die afname in sektore soos motorvoertuie, chemikalieë, voedsel en drank, en metale kan tot verdere werkverliese lei:
    1 min
  • Ngurare: Soldate is nie forseer om tot Kubaanse Solidariteitsfonds by te dra nie
    Eersteminister, Elijah Ngurare, sê berigte dat die regering soldate aangesê het om by te dra tot die Kubaanse Solidariteitsfonds is nie waar nie. Hy het reageer op ‘n vraag in die Parlement deur IPC-LP Isra Kanyemba of soldate wel opdrag gegee is om tot die fonds by te dra. Ngurare sê niemand is of word moet gedwing word om Kuba te ondersteun nie. Hy het bygevoeg dat Namibiërs – of hulle vir die staat werk of nie – self kan besluit of hulle tot die fonds wil bydra of nie:
    1 min
  • EU-ambassadeur vra seuns moet aandag kry om GBV te voorkom
    Die Europese Unie se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, vra dat daar dringeng in die land se seuns belê moet word om geslags-gebaseerde geweld te help bekamp. Sy wys daarop dat 92 persent van die jeugdiges wat met die gereg bots, seuns is. Martins het tydens 'n geleentheid vir seuns en mans 'n beroep gedoen op manlike leiers om seuns te lei na 'n manlikheid wat op verantwoordelikheid eerder as oorheersing gebou is.
    1 min
  • Zaamwani sê sy is bewus van water-uitdagings in Rehoboth
    Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die uitdagings wat Rehoboth-inwoners met hul watergehalte ervaar. Sy het Donderdag op ‘n vraag van Swapo-LP Sharonice Busch bevestig dat NamWater met die Rehoboth-dorpsraad werk om so gou moontlik aan inwoners se klagtes aandag te gee en om die watergehalteprobleem dringend op te los.
    1 min
  • Ballotti sê Sam Nujoma-stadion binnekort oop vir sokker-wedstryde
    Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê die regering is ten volle bewus van die stadige pas waarteen sport-fasiliteite en infrastruktuur landwyd ontwikkel word. Hy sê befondsing is reeds toegewys vir 121 basiese sport-infrastruktuur-projekte regoor die land en het benadruk dat daar eers behoorlike studies gedoen moet word... voor fasiliteite opgerig word... om te verseker dat geriewe behoorlik ontwerp is en die plaaslike weerstoestande kan weerstaan. Hy voeg ook by dat die beplande 14 streek-stadions tans deur die onbeskikbaarheid van hulpbronne beperk word:
    1 min
  • BIG-koalisie kritiseer opskorting van toelaag-aansoeke
    Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het die opskorting van nuwe registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag gekritiseer en sê die stap kom op 'n tydstip wanneer kwesbare huishoudings steeds armoede, werkloosheid en honger in die gesig staar. Die welsynsministerie het gesê dat die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar altesaam 27 132 begunstigdes bereik het, maar nuwe aansoekers sal moet wag... Tot-dat bykomende befondsing verseker is. Rinaani Musutua van die koalisie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die situasie is onaanvaarbaar.
    1 min
  • WGO ondersoek 'n tweede moontlike geval van long-pes in Rusland
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van long-pes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê Rusland ontken dat enige pes-gevalle aangemeld is:

    Tedros Ghebreyesus Vrydag
    1 min
  • El Niño bring droë en baie warm Kersseisoen
    Met 'n moontlike nat en koeler naweek wat voorspel word, waarsku weerkenners dat Namibiërs nie te gerus moet raak en dink dit gaan 'n koel en nat Desember en Januarie wees nie. Professor in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, professor Willem Landman, sê 'n baie sterk El Niño het reeds posgevat in Namibië en die res van Suider-Afrika, met dag-temperature wat oor die volgende paar weke gaan toeneem, wat baie droë toestande regoor die streek gaan meebring:
    1 min
  • Ramaphosa: Grond alleen nie genoeg om swart asiprant-boere te help nie
    Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê toegang tot grond alleen is nie genoeg om meer swart boere te help om suksesvolle kommersiële produsente te word nie. Tydens 'n toespraak by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê die regering werk daaraan om ongeveer 2,5-miljoen-hektaar verkrygde grond aan swart boere beskikbaar te stel, terwyl gemengde finansiering hulle kan help om hul ondernemings uit te brei. Hy sê groei in die landbousektor kan werksgeleenthede skep, landelike ontwikkeling bevorder en Suid-Afrika se voedselsekerheid en uitvoere versterk:
    1 min
  • Nat en koel naweek voorspel
    Met temperature wat Donderdag in die hoofstad in die lae- tot middel-dertigs gedraai het, kan Windhoekers ‘n veel koeler en moontlike nat naweek verwag. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê oor die res van die land, behalwe vir die kus, het middagtemperature die week ook in die dertigs gekuier. Hy sê buie kan later vandag en Saterdag oor die noordweste, oostelike en sentrale dele van die land verwag word:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.