Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Regter Esi Schimming-Chase neem afskeid van Gert Strydom
    Die voormalige Hoofregter Gert Strydom is vandag tydens 'n staatsgedenkdiens in die Parlementstuine in Windhoek vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid. Strydom, wat op 88-jarige ouderdom in Swakopmund oorlede is, het van 1999 tot 2003 as Namibië se derde Hoofregter gedien. Regter Esi Schimming-Chase van die Hooggeregshof het sy nalatenskap geprys en hom beskryf as 'n verdediger van geregtigheid wat uitsprake gelewer het sonder begunstiging of diskriminasie op grond van ras of geloof.
    1 min
  • SA staar kort-termyn vleisprysstygings in gesig weens BKS-uitbreking
    Suid-Afrika staar kort-termyn vleisprysstygings in die gesig, hoofsaaklik vir skaap en lam, na die verbod op Namibiese vee-uitvoere weens bek-en-klouseer. Landboukundige Kobus Laubscher sê die Namibiese verbod, plaaslike voerkraalbeperkings en die heropbou van kuddes dryf die tydelike voorraaddruk aan, hoewel dit 'n kortstondige ontwrigting bly eerder as 'n langtermyn tekort. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Regering moet spoed optel met vleisuitvoer-diversifikasie
    Die parlement gaan die regering uitvra oor pogings om Namibië se vleisuitvoermarkte te diversifiseer, met die LPM-parlementslid Utaara Mootu wat inligting wil bekom oor 'n voorgestelde handelsooreenkoms met Angola vir 10 000 ton beeste, beesvleis en beesvleisprodukte. Mootu sê die diversifisering van markte kan help om boere te beskerm teen ontwrigtings soos die huidige uitbreking van bek-en-klouseer. Sy het Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering gepraat:
    1 min
  • Namibia Air se tyd om vlerke te sprei raak min!
    Namibia Air het minder as twee maande om vliegtuie te bekom en die nodige sertifisering te voltooi om sy beloofde bekendstelling in Desember te haal. Lugvaartdeskundige dr. Guy Leitch sê dit is moontlik, maar daar is 'n groot struikelblok. Hy sê die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sal vinnig moet optree om die lugredery se lugvervoerdersertifikaat uit te reik, 'n proses wat in Suid-Afrika veel langer kan duur. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Blou Bulle pak Leeus Saterdag op Loftus
    Die Vodacom Blue Bulls maak gereed om die Leeus Saterdag in 'n Verenigde Rugbykampioenskap-derbywedstryd by Loftus Versfeld-stadion in Pretoria te ontvang. Die afskop is vir 13:30 geskeduleer wanneer ronde 3 van die kompetisie in Pretoria begin. Die president van die Blou Bulle-rugby-unie, Willem Strauss, gee ons meer:
    1 min
  • RPO: Ondanks BKS-uitbreking bly SA vleispryse bestendig
    Die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika sê dat vleispryse in die buurland, ondanks die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, redelik bestendig bly. Daar is egter 'n merkbare styging in speenkalwerpryse bespeur ná die uitbreking op 22 September bevestig is. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van die RPO, sê die prys van 94 Namibiese dollar per kilogram vir speenkalwers in daardie week was 32 persent hoër as die September 2025-prys. Maree sê Suid-Afrika voer nie groot getalle stoorlammers vanaf Namibie in nie, en daarom het stoorlammerpryse nie baie beweging getoon nie:
    1 min
  • Sankwasa vra munisipaliteite om behuising te bespoedig
    Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa versoek plaaslike owerhede om burokratiese vertragings uit te skakel en die lewering van behuising te bespoedig. In 'n toespraak gelewer deur adjunkminister Evelyn Nawases-Taeyele by die bekendstelling van die PAM Tree Development in Kuisebmond, het Sankwasa munisipaliteite aangespoor om met private ontwikkelaars saam te werk om agterstande in stedelike behuising aan te spreek. Die Walvisbaai-projek bestaan uit 219 gedienste erwe, waarvan 20 aan die plaaslike raad geskenk is, en al 79 huise in Fase Een is reeds uitverkoop.
    1 min
  • Kandorozu bekommerd oor koste van hout- en houtskool-oeslisensies
    NUDO-LP, Vetaruhe Kandorozu, sê hy is bekommerd oor die koste van die oes van hout en houtskool in veral die Omaheke- en Otjozondjupa-streke. Hy sê sommige inwoners in dié streke betaal tans tussen 70 en 400-Namibiese dollar per permit om een ton hout of houtskool te kan by-mekaar-maak. Kandorozu sé die hoë permit-kostes maak dit nog moeiliker vir mense om kos vir hul families op die tafel te sit:
    1 min
  • Umalusi gereed vir 2026-matriek-eindeksamen
    Die raad vir onderwys-gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die drukwerk, bewaring en verspreiding van vraestelle. Eksamen-owerhede het altesaam 283 vakvraestelle goedgekeur vir drie kwalifikasies en vier beoordelings:
    1 min
  • Namibiese jeug moet voordeel trek uit ruimte-ekonomie
    Ter viering van Wêreldruimteweek 2026 sê die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, Lisho Mundia, dat Namibië se ruimtesektor groot werks- en innovasiegeleenthede vir die jeug bied. Hy het die behoefte beklemtoon om plaaslike kapasiteit te bou sodat jongmense, veral in landelike gebiede, voordeel kan trek uit die ruimte-ekonomie. Ruimteweek word jaarliks van 4 tot 10 Oktober herdenk. Die tema vir 2026 is “Vuurpylrevolusie”.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.