Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Zaamwani soek oudit van hervestigingsplase
    Landbouminister Inge Zaamwani het opdrag gegee vir 'n oudit van alle plase wat die regering die afgelope vyf jaar verkry het, om vas te stel hoeveel daarvan toegewys is, hoeveel steeds onbewoon is en of die grond produktief aangewend word. Die oudit sal ook plase identifiseer wat rehabilitasie vereis voordat begunstigdes daar kan woon. Die opdrag is vervat in 'n toespraak wat namens haar deur die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, voorgelees is tydens die verwelkoming van nuwe lede van die Advieskommissie vir Grondhervorming.
    1 min
  • IPC wil petisie teen TransNamib indien
    Die IPC beplan om 'n petisie by die eerste minister en parlementêre komitees in te dien oor TransNamib se sloerende dissiplinêre verhore teen twee senior bestuurders. Die IPC-skaduminister, Nelson Kalangula, het die gebrek aan vordering met verhore wat vir Julie en Augustus geskeduleer is, gekritiseer na ministeriële ingryping wat die bestuurders in hul posisies herstel het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Weermag ontplooi in Soweto-betogings teen immigrasie
    Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper het, met die doel om oplossings deur dialoog te vind. Lesufi waarsku egter daar sal streng opgetree word teen enigiemand wat betrokke is by geweld of die beskadiging van eiendom:
    1 min
  • Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay wen Nobelprys vir Vrede
    Die Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay is met die 2026 Nobelprys vir Vrede bekroon vir haar pogings om vrede, menseregte en internasionale reg te bevorder. Pillay, wat tydens apartheid in Durban, KwaZulu-Natal, gebore is, het as Suid-Afrikaanse en internasionale regter gedien, asook as hoof van menseregte by die Verenigde Nasies. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee sê Pillay se werk beklemtoon die belangrikheid van geregtigheid en die oppergesag van die reg in die bou van blywende vrede:
    1 min
  • Polisie vra publiek se hulp ná gru-ontdekking naby Daan Viljoen
    Die polisie vra die publiek se hulp ná die gru-ontdekking van ’n middeljarige vrou se verminkte bolyf in ’n rivierbedding naby Daan Viljoen. Die polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, sê forensiese ondersoeke is aan die gang om die slagoffer se identiteit vas te stel. Sy doen ’n dringende beroep op enigiemand met inligting, veral inwoners van Otjomuise en Khomasdal, om die ondersoekbeamptes te kontak. Inligting kan anoniem verskaf word.
    1 min
  • Stats SA: Vervaardigingsproduksie daal in Aug met 4,3%
    Stats SA sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor die drie maande tot Augustus. Woordvoerder Nicolai Claassen sê motorvoertuie en chemikalieë het die grootste bydraes tot die verkope-toename gelewer:
    1 min
  • NamBTS: Kom skenk die naweek bloed!
    Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op geskikte skenkers, veral diegene met O-tipe bloed, om hierdie naweek by die NamBTS-hoofkwartier in Windhoek te skenk. Woordvoerder Frieda Asino het beklemtoon dat menslike bloed geen mediese plaasvervanger het nie, en het die belangrike rol daarvan in die redding van pasiënte wat chirurgie, kankerbehandelings, traumasorg en moeders wat komplikasies tydens geboorte ervaar, uitgelig. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Frieda Asino Vrydag
    1 min
  • NNN: Maatskappye moet hul maatskaplike-skenkings verhoog
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op die openbare en private sektor gedoen om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op te neem en hul jaarlikse skenkings te verhoog. Sy het Donderdag by die Staatshuis gepraat tydens Namport se amptelike oorhandiging van 90 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Sokkervereniging ter ondersteuning van sokkerontwikkeling in die land.
    1 min
  • Ballotti: Opgraderings by Sam Nujoma-stadion vorder goed
    Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê Katutura inwoners kan daarna uitsien om binnekort weer groot sokker-toernooie by die Sam Nujoma-stadion by te woon. Hy sê herstelwerk aan die stadion vorder goed. Ballotti sê ook dat van die ander publieke sport-fasiliteite regoor die land tans opgraderings ondergaan:
    1 min
  • Ultimate.earth skenk rekenaars aan Abraham Gariseb-laerskool
    Sewe nuwe rekenaars gaan aan leerders van die Abraham Gariseb-laerskool in Sorris Sorris groter toegang tot tegnologie en nuwe opvoedkundige geleenthede bied. Die rekenaars, met 'n waarde van ongeveer 100 000 Namibiese dollar, is deur ultimate.earth en sy Conservation Travel Foundation geskenk as deel van 'n groeiende program om leerders in van Namibië se mees afgeleë skole vir die toekoms toe te rus. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.