Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Warm, sonnige week vir Namibië voorspel
    Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot middel 30's (°C) styg. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus
    Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord:

    André Duvenhage Naweek
    1 min
  • Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande
    Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program voortsit. Blouvlagstatus is ’n internasionale erkenning wat aan strande toegeken word wat aan streng omgewings-, veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen. Om te kwalifiseer, moet strande onder meer skoon swemwater, behoorlike afvalbestuur, lewensreddingsgeriewe, omgewingsbewustheidsprogramme en toeganklike fasiliteite vir mense met gestremdhede hê. Higham het só gereageer:
    1 min
  • Dringend meer psigiaters nodig
    Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi as getuie. Die stap beklemtoon die regering se voorneme om die tekort aan gespesialiseerde geestesgesondheidspersoneel aan te spreek.
    1 min
  • Wes-Kaap betaal vir gesond leef
    Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien deur te oefen, kinders se inentings op datum te hou, chroniese medikasie betyds af te haal en voorgeboortesorg by te woon. Die program brei vroeg volgende jaar na Knysna uit, met 2 000 deelnemers as mikpunt. Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Mireille Wenger, verduidelik.
    1 min
  • Zelenski nou 'n stok in Trump se wiel
    Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd probleme deur aanvalle op Russiese olieraffinaderye toe te laat. Hy meen Oekraïne het ’n leier nodig wat ’n vredesooreenkoms kan sluit. Amerika het intussen ingestem om sanksies teen Russiese dieseluitvoer tydelik op te skort. Verkiesings in Oekraïne bly opgeskort weens krygswet wat sedert Rusland se inval in 2022 geld.
    1 min
  • SAPS skraap tientalle sokkerboewe
    Die Suid-Afrikaanse polisie het vermeende opstokers in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om Saterdagmiddag se sokkerwedstryde in Durban te ontwrig. Hulle is onder 30 mense wat sedert Donderdag vasgetrek is tydens ’n polisietoeslaan op onrus. Altesaam 25 mense is in KwaZulu-Natal en vyf in Gauteng aangekeer. Die oortredings sluit openbare geweld, onwettige byeenkomste, dwarsboming en weerstand teen arrestasie in. Waarnemende nasionale polisiekommissaris Puleng Dimpane sê dreigemente en intimidasie sal nie geduld word nie. Die Suid-Afrikaanse weermag is ook in KwaZulu-Natal ontplooi om stabiliteit te help herstel. Die polisie bly landwyd op hoë gereedheidsgrondslag ná voorvalle in nog drie provinsies.
    1 min
  • Nuwe vennootskap ondersteun Epukiro
    'n Nuwe vennootskap gaan volhoubare leefwyse en gemeenskapsontwikkeling in die Omaheke-streek ondersteun. Nictus en Auas Motors verskaf, in samewerking met die Isuzu-stigting, ‘n finansiële borgskap vir die Epukiro Eco-Village , 'n inisiatief van die N/a’an ku sê-stigting, wat daarop gemik is om volhoubare behuising met verbeterde gemeenskapswelsyn en ekonomiese geleenthede te kombineer. Francois Wahl, besturende direkteur van Nictus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Unie sê plaaslike oplossings is beter vir akkreditasiekrisis
    Die Studente-unie van Namibië het Nust se geval-tot-geval konsultasies met studente wat geraak word deur die mediese laboratoriumwetenskappe-akkreditasiekrisis verwerp. Die unie beskou privaat vergaderings as onnodig. Terwyl Nust-studente individueel betrek om oordragopsies en plaaslike of streeksplasings te ondersoek, het die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, die universiteit aangespoor om onmiddellik breë plaaslike oplossings te implementeer, soos gelyktydige kursusopgraderings of Unam-plasings, eerder as om studente vir een-tot-een-sessies te nooi. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Aftakeling van stigma oor geestesgesondheid noodsaaklik
    Vandag is Wêreldgeestesgesondheidsdag. Namibië plaas vanjaar die stemme van mense wat self met geestesgesondheidsprobleme worstel, in die kollig. Die land se tema vir die dag, “werklike ervarings, werklike stemme, werklike verandering” is ook daarop gemik om die stigma rondom geestesgesondheid af te breek. Vandag is terselfdertyd die afsluiting van Namibië se maandlange bewusmakingsveldtog oor geestesgesondheid en selfdoodvoorkoming. Die internasionale boodskap is om die gesprek oor selfdood te verander, stilte te verbreek en mense wat swaarkry sonder oordeel te ondersteun. Prof. Frikkie Booysen, ‘n Namibiese gesondheidsekonoom by die Universiteit van die Witwatersrand, verduidelik wat ons hoor en lees is maar net die oortjies van die vernietigende seekoei:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.