Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Namibië se voorste veeprodusente vereer by Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks
    Namibië se voorste veeprodusente is tydens die gala van Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks vereer, na afloop van 'n landwye kompetisie wat oor 22 plekke en meer as 12 000 kilometer gestrek het. Met meer as 11 000 speenkalwers wat verkoop is en 139 pryse wat toegeken is, het die kampioenskap uitnemendheid in veeproduksie gevier, asook die boere wat help om Namibië se beesvleisbedryf te versterk. Paul Klein, Agra se hoofbestuurder vir veilings, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes
    En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman en ekonoom Eddie Cross sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Zimbabwe se tesourie en die Reserwebank van Zimbabwe, vanuit 'n beleidsperspektief, 'n seldsame mate van fiskale en makro-ekonomiese belyning bereik het, maar dat die situasie van stygende brandstofkoste onnodige druk plaas.
    1 min
  • Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly
    Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan egter teen 2027 aansienlik verbeter.
    1 min
  • Lamb Champs kondig nuwe span aan ná Namibië-onttrekking
    Intussen het Lamb Champs ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die "Baa-Barians", aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende hoof van die landbou-organisasie Saai, Francois Rossouw:
    1 min
  • Landbou-ministerie werk aan nasporing van BKS-uitbreking in Zambezi-streek
    Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir die vee-siekte getoets. Ministeriewoordvoerder, Romeo Muyunda, sê die beweging en slag van gesplete-hoef diere is ook nou in die streek tot verdere kennisgewing opgeskort:
    1 min
  • Eskom se energie-beskikbaarheidsfaktor bereik ses-jaar-hoogtepunt
    Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbeterings sal 'n kernrol speel in pogings om betroubare elektrisiteitsvoorsiening te verseker en beleggings en ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika bevorder:
    1 min
  • Rivers International vra duidelikheid rondom Baynesdam-projek
    OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe en die omgewingsorganisasie International Rivers doen 'n beroep op die Namibiese regering om te verduidelik waarom 4 miljard Namibiese dollar se finansiering vir transmissielyne gekoppel aan die voorgestelde Baynesdam goedgekeur is voordat omgewingsevaluerings en gemeenskapskonsultasies voltooi is. Hans-Christian Mahnke van International Rivers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering verontagsaam kommer van die gemeenskappe.   
    1 min
  • DA bevraagteken Landbank-ondersoeker se moontlike botsende belange
    Die DA dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na 12 betwiste insolvente boedels wat deur die Landbank hanteer word, met moontlike botsende belange vir die ondersoeker Angelena Poole. Sy is een van twee persone wat aangestel is om die geskille te ondersoek en het verskeie bestaande professionele bande met die Landbank. Igor Scheurkogel van die DA sê boere verdien 'n ondersoek wat die optrede van prokureurs en likwidateurs kan fynkam sonder dat die ondersoeker se eie verantwoordelikhede ten opsigte van boedels of haar bande met die Landbank, die saak kan benadeel:
    1 min
  • N$1,000 basiese inkomstetoelaag kan armoede verlig en werksgeleenthede skep
    Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah steun 'n voorstel vir 'n basiese inkomstetoelaag en voer aan dat 'n maandelikse betaling van 1 000 Namibiese dollar kan help om armoede te verlig, klein besighede te ondersteun en toegang tot onderwys en gesondheidsorg te verbeter. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat befondsing van sleutelbedrywe en maatskaplike sekerheidsinstellings die voorstel in 'n reddingsboei vir kwesbare Namibiërs kan omskep.
    1 min
  • Zuma se gesondheid mag nie in ‘n nasionale spektakel ontaard nie
    Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi sê Zuma verdien dieselfde waardigheid, privaatheid en respek wat alle mense met 'n gesondheidsuitdaging verdien. Hy voeg by sy gesondheid behoort nie 'n geleentheid vir sensasie te wees nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.