Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help
    Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag vir ingevoerde spesiale melkpoeier. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • 'Moenie skuldbelaaide belastingbetalers droogmelk nie'
    Finansminister Ericah Shafudah het die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gewaarsku om nie belastingbetalers met skuld, met minder as hul wetlik beskermde inkomste te laat wanneer agterstallige belasting ingevorder word nie. In reaksie op die Swanu-leier Evilastus Kaaronda het Shafudah beklemtoon dat belastinginvordering met menslikheid hanteer moet word. Sy het NamRA aangemoedig om bekostigbare terugbetalingsooreenkomste met belastingbetalers aan te gaan, eerder as om hulle met aggressiewe skuldinvordering te vervreem.
    1 min
  • BKS: Boere moet waaksaam in Zambezi wees
    Die landbouministerie doen 'n beroep op boere in die Zambezi-streek om waaksaam te wees en vermoedelike tekens van bek-en-klouseer by vee aan te meld. Dit volg op die jongste opsporing van die siekte in die streek. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 gesê dit is belangrik, aangesien die oorsaak van die uitbreking in die gebied nog onbekend is.
    1 min
  • VSA-ekonome palm Nobelprys in
    Die Amerikaanse ekonome Robert Hall en Michael Woodford is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vir hul werk oor ekonomiese bestendiging. Hul navorsing het gelei tot die ontwikkeling van raamwerke wat regerings en sentrale banke help om ekonomiese hoogte- en laagtepunte te bestuur deur rentekoerse, staatsbesteding en ander beleidsmaatreëls. John Hassler van die Nobelkomitee sê dit help beleidmakers om te reageer op ekonomiese terugslae, inflasie en skielike ekonomiese skokke soos energiekrisisse:
    1 min
  • Verdagte vas in massaskietery in Wes-Kaap
    Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie verwelkom die inhegtenisneming van 'n man in verband met 'n massaskietery in Lwandle in die Strand op 27 September. Elf mense is dood en tien beseer. Die 32-jarige verdagte is Vrydag in Lwandle aangekeer. Polisiewoordvoerder André Traut sê die man verskyn vandag in die Landdroshof in die Strand op elf aanklagte van moord en tien van poging tot moord:
    1 min
  • Vyf vermeende dwelmvervaardigers in hof in Gauteng
    Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium afgekom:
    1 min
  • Intercape se wiele sal bly rol
    Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan
    Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land is sonder dat hulle om asiel aansoek gedoen het, asook diegene wie se asielaansoeke ná alle hersienings- en appèlprosesse finaal afgekeur is, sal steeds ingevolge die wet gedeporteer word:
    1 min
  • Namibië se voorste veeprodusente vereer by Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks
    Namibië se voorste veeprodusente is tydens die gala van Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks vereer, na afloop van 'n landwye kompetisie wat oor 22 plekke en meer as 12 000 kilometer gestrek het. Met meer as 11 000 speenkalwers wat verkoop is en 139 pryse wat toegeken is, het die kampioenskap uitnemendheid in veeproduksie gevier, asook die boere wat help om Namibië se beesvleisbedryf te versterk. Paul Klein, Agra se hoofbestuurder vir veilings, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.