Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mineral Europa op nooiensvaart van China na Australië
    Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n belangrike deurbraak in pogings om die wêreldwye skeepvaartbedryf te dekarboniseer. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibia Green Hydrogen Programme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • N$146m kontant-inspuiting aan Shack Dwellers Federation of Namibia 'n stap in die regte rigting
    Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê die groep se mede-direkteur, Heinrich Amushila, dat inisiatiewe vir bekostigbare behuising groter steun van beide die openbare en die private sektor benodig.
    1 min
  • SA Parlement vra polisie om misdadige optrede waarby Sibiya betrokke is te ondersoek
    Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê die komitee het nog altyd beklemtoon dat misdadige elemente heeltemal uit die stelsel verwyder moet word sodat dit doeltreffend kan funksioneer:
    1 min
  • 9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging
    Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van digitale infrastruktuur om werk te skep, die jeug te bemagtig, en armoede te verminder.
    1 min
  • Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk
    Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop, het Madonsela gesê munisipaliteite het leiers met integriteit nodig wat basiese dienste soos water, elektrisiteit, behuising en vullisverwydering kan lewer. Madonsela sê Suid-Afrika kan nie vorder sonder om munisipaliteite reg te ruk en die beloftes van die Grondwet na te kom nie:
    1 min
  • 'KNOW NTB'-veldtog help toerisme-operateurs om NTB-reëls te verstaan
    Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies daarvan te bevorder.   
    1 min
  • SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer
    Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16 Oktober, met herstelwerk wat daarop gemik is om spoorveiligheid en -betroubaarheid te verbeter. Creecy sê betroubare infrastruktuur is noodsaaklik om vertroue in vragspoorvervoer te herstel.
    1 min
  • Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend
    Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.
    1 min
  • SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste
    Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen gesinsgeweld en regshulp, meer toeganklik vir gemeenskappe maak. Hy het bygevoeg Suid-Afrika moet voortgaan om ongelykheid aan te spreek en waardigheid, gelykheid en vryheid vir almal te verseker:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.