Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Beveilig jou erf, beveilig jou troeteldiere: DBV
    Die Dierebeskermingsvereniging spoor troeteldiereienaars landswyd aan om hul eiendomme behoorlik te beveilig. Die ligaam waarsku dat rondloperhonde ernstige risiko's van vergiftiging, verkeersongelukke en straatkonflikte in die gesig staar. Nasionale direkteur Silke van der Merwe sê dat sulke troeteldiere die publiek in gevaar stel en dikwels die hoogste prys betaal. Dit kom te midde van openbare verontwaardiging oor die onlangse noodlottige skietery van 'n gesinshond, Mufasa, in die Erongo-streek. Van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Sibiya dreig glo pa van tiener na vermeende seksuele aanranding
    Die staat het 'n beëdigde verklaring ingedien wat beweer die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het 'n man, geïdentifiseer as mnr. M, gedreig nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy tienerdogter seksueel aangerand het. Die beëdigde verklaring, wat in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, voorgelees is, beweer Sibiya het mnr. M woedend gebel nadat 'n strafsaak geopen is en die pa hom oor sy 16-jarige dogter se aantygings genader het:
    1 min
  • Nuwe strategie vir minerale-veredeling
    Die adjunk-mynbouminister, Gaudentia Krohne, het 'n nuwe strategie vir die veredeling van minerale en 'n kabinetsverbod op die uitvoer van ongeraffineerde kritieke minerale soos litium, seldsame aardmetale, kobalt en grafiet aangekondig. In reaksie op IPC-LP Ferdinand Hengombe het Krohne gesê dat die beleid maatskappye dwing om plaaslik te vergruis en te raffineer, om werk te skep en waarde te behou.
    1 min
  • Stydende skuldlas op Afrika 'belemmer ontwikkeling'
    Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die toenemende skuldlas op Afrika belemmer sy ontwikkelingsdoelwitte. Hy het tydens die Afrika- en Europa-dialoog in Pretoria gesê 25 Afrikalande het die afgelope paar jaar meer bestee aan skuld-delging as aan gesondheid en onderwys. Lamola sê lande in die Globale Suide moet tot ses-persentasiepunte meer betaal om geld te leen as lande buite Afrika:
    1 min
  • Onderwysministerie werk aan krisisse: Steenkamp
    Onderwysminister Sanet Steenkamp erken die Namibiese skoolstelsel se voortdurende uitdagings met fundamentele geletterdheid en leerderretensie. Sy het in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon dat die aanspreek van hierdie kwessies bewysgebaseerde ingrypings en tasbare vordering vereis:
    1 min
  • Drikus Coetzee vorder goed met Rhino Run-rit
    Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:
    1 min
  • Beëindiging van RedForce-skuld-invorderingskontrak in Walvis laat vrae ontstaan
    Die onlangse beëindiging van die RedForce-skuld-invorderingskontrak deur die Walvisbaai Munisipale Raad het vrae laat ontstaan oor wetlike nakoming en die prosedures wat gevolg is by die toekenning van die ooreenkoms. Armas Amukoto, die IPC-skadu-minister vir Stedelike en Landelike Ontwikkeling, sê die langtermyn-doelwit behoort te wees om plaaslike owerhede te bemagtig om hul eie inkomste-vordering doeltreffend, regverdig, en deursigtig te bestuur. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Polisie-lede moet hul werk by Kers-padblokkades doen
    Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30 voertuie na van die land se besigste paaie en ongeluk-brandpunte ontplooi sal word. Sy sê dat die ontplooiing die regering derduisende Namibiese dollars kos aan reis- en verblyf-toelae, en voertuie en brandstof. Sy maan wetstoepassers dat hulle heel deel moet doen om die padveiligheids-veldtog ‘n sukses te maak:
    1 min
  • Bryan Eiseb: Korrupsie ondermyn sosiale- en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede
    Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend in Swakopmund het Eiseb die skuld vir korrupsie spesifiek op staatsamptenare geplaas.
    1 min
  • MOVE SA vra regverdige, wettige en ordelike immigrasiestelsel
    Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te keer. Hy sê dit sluit in dat die Konstitusionele Hof se beslissings oor immigrasie en asiel-prosedures doeltreffend ingestel word:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.