Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Motorsport: Kagame verwerp idee dat F1 te groot is vir Rwanda
    Motorsport: Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die idee dat Formule Een te groot is vir ʼn klein landjie soos syne. Rwanda het ’n tienjaar-ooreenkoms onderteken om vroeg in die 2030's ’n F-1 Grand Prix aan te bied - die eerste in Afrika sedert 1993. Die wedren sal plaasvind sodra die nuwe baan voltooi is in Bugesera, 40 kilometer suid van die hoofstad, Kigali. Kagame sê geen geleentheid is te groot vir Rwanda nie:
    1 min
  • Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums
    Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums. Martins sê dié lae persentasie beklemtoon die behoefte aan groter belegging in onderwys in die streek: 
     
    1 min
  • SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier
    Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana sê die komitee se regspan sal aanvoer sy besluite is in ooreenstemming met die Parlement se reëls geneem wanneer die saak vandag hervat word:
    1 min
  • DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie
    Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe met bykans 13-persent gestyg het. Kevin Mileham van die DA sê Eskom moet koste besnoei, sy finansiële beheermaatreëls verbeter en verseker dat toekomstige prysverhogings geregverdig is:
    1 min
  • Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly
    Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl hulle voorberei vir hoër onderwys en opleidingsgeleenthede nie.
    Iswarin Rooi Woensdag
    1 min
  • AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies
    AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellendam, in die Wes-Kaap. Jacques Broodryk van AfriForum sê die patrollies help om misdaad te bekamp en gemeenskapsveiligheid te verbeter:
    1 min
  • Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad
    Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek
    Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir die projek, wat op 'n kollektiewe spaar-model werk, bespreek het. Hy sê die regering sukkel om grond op groot skaal te lewer... en vra daarom vir samewerking om meer behuisings-geleenthede vir Namibiërs te skep:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.