Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek
    Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Ooreenkoms. Matengu sê die ooreenkoms sal daarop fokus om diere- en menslike gesondheid in die streek te bevorder.
    1 min
  • Tyd loop uit vir NamRa se belastingamnestie-aansoekperiode
    Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits jy jou uitstaande hoofskuld ten volle betaal:
    1 min
  • Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens
    Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat die finansiële las op inwoners en belastingbetalers kan neerkom, terwyl die lewensvatbaarheid van sommige busroetes ook kommer wek.
    1 min
  • 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheidsveldtog amptelik geloods
    Twintig Nampol-lede sal die Kers-seisoen na van die land se groot padongeluk-brandpunte ontplooi word om toe te sien dat padverbruikers die land se padreëls gehoorsaam. Tydens die amptelike bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog het waarnemende polisiehoofinspekteur, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda gesê dat 30 polisie-voertuie deel van die ontplooiing sal vorm. Sy sê vanjaar se feesseisoen-padveiligheidsveldtog loop van 16 November 2026 tot 17 Januarie 2027.

    In die 2025/2026 fees-seisoen het die land 470 pad-ongelukke aangeteken. 932 mense is in die ongelukke beseer met 92 wat oorlede is.
    1 min
  • SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop
    Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle partye moet dieselfde reëls volg om regverdigheid en sekerheid te verseker. Hy sê deur uitsonderings toe te laat kan die kommissie gedwing word om individuele besluite oor partye te neem:
    1 min
  • Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud
    Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad te help bestuur. Sy deel meer met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas
    Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê Sibiya se vertrek word as oneerbare ontslag beskou omdat hy bedank het terwyl die tugsaak nog aan die gang was:
    1 min
  • Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters
    Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker sê blywende vooruitgang sal daarvan afhang dat die sosiale toestande wat tot die land se toenemende behoeftes op die gebied van geestesgesondheid bydra, aangespreek word.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.