Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • 9de Nasionale IKT-beraad skop in Ongwediva af
    Die Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie sê alles is in plek vir die negende Nasionale Inligting en en Kommunikasie Tegnologie Beraad wat vandag in Ongwediva by die Ongwediva-handelssentrum afskop. Die vyf-daagse beraad kom Vrydag, 16 Oktober tot ‘n einde. Adjunkdirekteur vir Publieke Betrokkenheid, Shasimana Uugulu, het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die beraad sal fokus op hoe die sektor werksgeleenthede kan skep, jongmense kan bemagtig, en gemeenskappe kan help om armoede te oorkom:
    1 min
  • Cran: Digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internet-toegang beweeg word
    Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware digitale onafhanklikheid te bereik.
    1 min
  • Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool
    Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met ernstige oortredings van die Premierliga se finansiële reëls. Die klub het teen die uitspraak geappelleer en ontken enige wangedrag. Doele deur Erling Haaland, Rayan Cherki en plaasvervanger Jeremy Doku het aan die span 'n klinkende oorwinning besorg. City se afrigter, Enzo Maresca, het sy spelers gevra om hulle nie aan die kwessie te steur nie:
    1 min
  • SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke
    Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking wees. Schreiber sê die hervormings sal voortbou op die departement se ervaring met die gebruik van tegnologie om ander administratiewe prosesse te verbeter, insluitend die stelsel vir elektroniese reismagtiging:
    1 min
  • Sport: FNB Wanderers klop FNB Kudus, Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span klop SA
    FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het en hoe dit voel om weer die beker in hul besit te het.

    Die Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span het Suid Afrika die naweek ore aangesit. Die spanne se laaste wedstryd Sondag het op 'n gelyk-op-telling van 4 doele elk ge-ëin-dig, wat Namibië, op grond van die totale telling, oor die reeks se vyf wedstryde gewen het. Namibië se Azaylee Philander het met Sports Wrap gesels:
    1 min
  • Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer
    Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n 30-jarige man gearresteer omdat hy ‘n drankwinkel sonder lisensie bedryf het... en glo ‘n omkoopgeld van N$1 270 aangebied het om arrestasie te ontduik.

    Nampol het in September meer as 7,2 miljoen Namibiese dollar in dwelms gekonfiskeer en 213 verdagtes, insluitend 11 jeugdiges en 18 vroue, in hegtenis geneem. Woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het kommer uitgespreek oor moeders wat dwelmhandelaars word en bevestig dat die polisie nou groot sindikate teiken... eerder as net straatvlak-handelaars. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Johan Ackerman loof Blou Bulle se Loftus-oorwinning
    Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon nie Vrydag oefen nie, terwyl die span se Springbok-spelers ook uitgeput was na onlangse wedstryde:
    1 min
  • SA regering gaan Konstitusionele Hof nader vir leiding oor asielbeslissing
    Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te deporteer indien hulle sonder 'n deurreisvisum in die land is. Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, minister Mmamoloko Kubayi, sê die regering mag dalk ook vra vir 'n opskortingtydperk om die Departement van Binnelandse Sake tyd te gee om die nodige kapasiteit te ontwikkel om aan die vereistes te voldoen.
    1 min
  • NLU vra vir streeks-samewerking om BKS te stuit
    Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou en die siekte se verspreiding te beperk:



    Thinus Pretorius Maandag
    1 min
  • Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer
    Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-aktiwiteite. Maynier sê dit is die eerste nasionale park wat hoofsaaklik deur vennootskappe met grondeienaars tot stand gebring is:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.