Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Duitsland onderskraag groen kragplanne
    Namibië en Duitsland het 'n ooreenkoms vir tegniese samewerking ter waarde van 103 miljoen Namibiese dollar onderteken om toegang tot energie en groenindustrialisasie te bevorder. Die ooreenkoms, wat onderteken is ná 'n welwillenheidsbesoek deur Duitse ambassadeur Thomas Wimmer aan die direkteur-generaal van die NPC, dr. Kaire Mbuende, sal daarop gemik wees om nasionale elektrisiteitsdekking teen 2030 tot 70% uit te brei en waardekettings vir kritieke grondstowwe te ontwikkel. NPC-woordvoerder Maria Kandjungu verskaf meer besonderhede:
    1 min
  • Rugby: Bulle verwag taai stryd teen Leeus
    Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle, sê dit gaan ‘n taai stryd wees:
    1 min
  • Boere in toenemende knyptang
    Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
    1 min
  • Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd
    Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê sy span is goed voorbereid:
    1 min
  • Polisieminister vra vir kalmte in betogings teen migrante
    Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. 'n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers uiteen te jaag. Cachalia het tydens 'n toespraak in Durban beklemtoon die owerhede sal behoorlike prosedures volg met ongedokumenteerde immigrante:
    1 min
  • Uitdaging met behuising draai in parlement
    Uitdagings wat behuisingsvoorsiening beïnvloed, geniet aandag in die parlement, aangesien plaaslike owerhede vra vir verbeterde kommunikasie, finansiering en projekondersteuning. Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming voer samesprekings met belanghebbendes in Windhoek, waar Sakaria Namhindo van die Otjiwarongo-munisipaliteit hierdie kwessies uitgelig het as groot struikelblokke vir doeltreffende behuisingsvoorsiening.
    1 min
  • Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid
    Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die vakbond aan te sluit vir kollektiewe bedingingsbeskerming teen onsekere werksomstandighede. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.