Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Kanada se Anne Carson wen Nobelprys vir Letterkunde
    Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee sê Carson word vereer vir haar oorspronklike en vernuwende werk, wat op klassieke tradisies voortbou en nuwe rigtings aan hedendaagse letterkunde gee:
    1 min
  • Hofuitspraak oor asielaansoeke kan onbedoelde gevolge hê
    Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering respekteer die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielaansoeke, maar is bekommerd oor onbedoelde gevolge. Sy het die media toegespreek ná die komitee se vergadering. Kubayi sê die uitspraak wettig nie onwettige migrasie nie en verleen ook nie outomaties vlugtelingstatus of permanente verblyfreg nie. Asielsoekers moet wel toegang hê tot die formele aansoek-beoordelingsproses. Kubayi sê bedrieglike of ongegronde eise kan steeds verwerp word:
    1 min
  • Standard Bank Namibië stuur 'n URewards-kompetisie van stapel
    Standard Bank Namibië het 'n URewards-kompetisie van stapel gestuur wat aan kliënte 'n reis na Suid-Afrika bied om te kyk hoe African Stars teen Orlando Pirates in die Orlando-stadion speel. Melissa Mouton, die bank se bestuurder vir kaartuitreiking, sê die kompetisie hou verband met die bank se URewards-kontantterugbetalingsprogram.
    1 min
  • Amutse: 'Beleggers gaan streng aan hul beloftes gehou word'
    Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf wanneer hulle om bedryfslisensies en -permitte aansoek doen nie.
    1 min
  • CIF verwelkom LPM se kritiek op Chinese tenders
    Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië het die LPM se kritiek op staatsverkryging in die konstruksiesektor verwelkom. Die LPM beweer dat Chinese maatskappye groot infrastruktuurprojekte ter waarde van ongeveer 6,7 miljard Namibiese dollar bekom het, terwyl Namibiese kontrakteurs toenemend na subkontrakteringsrolle gedwing word. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die bedryf self het hierdie kwessies herhaaldelik geopper het:
    1 min
  • Reho-water: NamWater maak alle reservoirs skoon
    NamWater sê hy het onmiddellike behandelingsmaatreëls ingestel om die watergehalte in Rehoboth te verbeter, ten spyte daarvan dat inwoners steeds verkleuring van kraanwater ervaar. Die hoof- bedryfsbeampte, Andries Kok, het aangekondig dat NamWater sy chemiese dosering aangepas, gehaltetoetse verskerp en al die dorp se reservoirs skoongemaak het.
    1 min
  • Pastoor se vrou vas oor beweerde babamoord
    Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy vrou na die Hennopsrivier gelok onder die voorwendsel van 'n geestelike handeling. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê dit is toe dat die ma na bewering verkrag en die baba ontvoer is:
    1 min
  • Kenner skepties oor of Nigeriese bank plaaslik kan meeding
    Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot rolspelers oorheers word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Lamola se VSA-betrekkinge krap partye om
    AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse ambassadeur en sy teenwoordigheid by 'n geleentheid van die Democratic Socialists of America kan die verhouding tussen Pretoria en Washington verder belemmer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.