Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm
    Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te verseker en ekonomiese groei te volhou.
    1 min
  • Trump herhaal omstrede LA- en San Diego-aanval-opmerkings
    President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades tevore laat vaar het. Los Angeles en San Diego het albei belangrike militêre installasies, insluitend vloot-hawens en lugmagbasisse. Trump het in San Antonio gesê hy sal Amerika beskerm:
    1 min
  • Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra
    Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die Madala Hostel doodgeskiet. Maile se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê hierdie tragedie beklemtoon dat die beskerming en opvoeding van kinders die hele gemeenskap se betrokkenheid vereis:
    1 min
  • SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit sal geleidelik ingestel word, met verbruikers wat vanaf Mei volgende jaar sal kan registreer en bemarkers blok:
    1 min
  • Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk
    Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê  hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê  hy wil veral daarop fokus om samewerking op die gebiede van ontwikkeling, hernubare energie, vervoer, onderwys en multilaterale diplomasie te verbeter. 
     
    Thomas Wimmer Donderdag 
    1 min
  • Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging
    Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheids-veiligheid te beskerm en veerkragtigheid vir toekomstige gesondheidsnoodgevalle te bou:
    1 min
  • Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië se internasionale handels-, politieke en bilaterale bande versterk.
    1 min
  • DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig
    Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die ingang na haar plaas aangeval is. Carin Visser van die DA doen 'n beroep op beter polisiehulpbronne en vinniger reaksie op misdaad in landelike gemeenskappe:
    1 min
  • Amupanda vra vir regterlike hervormings
    Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.
    1 min
  • Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro
    Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer oor die sport te wete te kom.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.